‘n Paar nuttige wenke

By ‘n onlangse kursus het die volgende wenke my as besonder nuttig opgeval:

  1. Om jou karakters te leer ken, vra vrae in die vorm van ‘n metafoor. M.a.w. Watter soort boom/plant/musiek/kos/wat ookal IS jy? Nie hou jy van of so-iets nie, maar IS jy. Was vir my ‘n baie oulike idee. Probeer dit gerus. Dis natuurlik nie so maklik nie, maar dit prikkel ‘n mens se gedagtes.
  2. Baie klem op titel wat prikkelend moet wees, maar nie die hele storie moet weggee nie.
  3. Klem op die effektiwiteit daarvan om op detail van ‘n persoon/objek te fokus i.p.v. ‘n lang, doodgewone beskrywing.
  4. Pasop vir vae woorde, soos aantreklik, lekker, mooi, ens. Wees spesifiek.
  5. Hou jou werk in dieselfde register, bv. moenie dat ‘n persoon die een oomblik plat praat en die volgende oomblik hoog en geleerd nie.
  6. Begin binne-in die storie. Nie bv. met ‘n lang natuurtoneel nie.
Advertisements

6 comments on “‘n Paar nuttige wenke

  1. Punt nr 5 is interessant. Beteken dit net dat elke karakter volgens sy eie persoonlikheid/agtergrond moet praat (en getrou moet bly aan sy “stem”) of geld dit vir die derdepersoon/verteller ook? Dat mens bv nie moet rondspring tussen meer formele taalgebruik en gesels-Afrikaans nie?

  2. Ek was lanklaas hier en is ek bly ek het juis op die vooraand van my vakansie kom inloer! Ek hoop om darem in Desember 3 woorde geskryf te kry aan my nuwe manuskrip en het so ‘n paar onthou-goed nodig gehad. Mens dink jy onthou als, maar vergeet meer as die helfte, kom ek agter!

  3. Ervare en gevestigde skrywers kom soms weg met punt 6. Dean Koontz begin ‘n paar van sy boeke met ‘n beskrywing van die omgewing. Maar ja, ek dink nie hy gaan hom steur aan ons kritiek nie.

    • Jy’s reg, Jan. ‘n Wêreldbekende skrywer soos bv. Nora Roberts kom weg met als wat uitgewers hier ons oor sal stenig!! Naam tel dus baie wanneer jy die reëls ‘n bietjie wil buig soos dit jou pas.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s