No man is an island …

… en ‘n skrywer nog minder!
Na die onlangse Leeskringkuier  in die Kaap besef ek weer eens hoe belangrik dit vir skrywers is om met mekaar kontak te maak. Om te skryf is ‘n eensame taak – dis net jy en jou rekenaar en jou storie (of soms geen storie nie). En ons weet mos die kommunikasie tussen dié drie is nie aldag ewe goed nie … ‘n Mens kan ook nie jou storie vertel vir almal wat wil luister nie (as jy so gelukkig is om gewillige luisteraars te hê), want dan vertel jy hom uit jou uit voor hy op papier is. Dis maklik om  moedeloos te word en nog makliker om geisoleerd en afgesny te voel. Dinge wat nie goed is vir kreatiwiteit nie.
Daarom: Kry ‘n skryfmaatjie – of sommer ‘n hele klomp! Blog, facebook, sluit aan by ‘n skryfkring, woon ‘n kursus by, woon ‘n boekbekendstelling by, woon enigiets i.v.m. boeke by … en jy sal verryk en minder eensaam anderkant uitkom.

 

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s