Onvoorspelbaarheid in die romanse

Wat maak dat jy ‘n spesifieke skrywer se werk bo ‘n ander s’n sal kies? Is dit haar wonderlike taalvaardigheid of is dit eerder haar vermoë om ‘n vars storie op ‘n nuwe manier op te dis? Hoe kry ‘n skrywer dit reg om telkens ‘n buitengewone storie te kan skryf en boonop binne die rigiede grense van die romansegenre te hou?

Eerstens moet jy interessante, geronde karakters skep wat regte mense is met werklike, geloofbare probleme wat hulle moet oorbrug voordat hulle geluk kan smaak. Plaas hulle in ‘n buitengewone situasie wat hulle moet oorkom en voila! Maklik, nè?

NEE. Nie so maklik nie! Die romanse het reeds ‘n voorspelbare einde. Jy moet dus die manier hoe jou karakters by daardie voorspelbare vir-altyd-en-altyd gaan uitkom, so onvoorspelbaar as moontlik maak. Hoe doen jy dit??

Daar is geen resep nie. Dis nou waar elke skrywer op haar eie instinkte moet staatmaak. Die slim skrywer hou haar oë en ore oop en kyk goed genoeg na die mense en hul situasies om haar met die doel om dit werklik raak te sien … en vind ‘n storie om elke hoek en draai.

Advertisements

2 comments on “Onvoorspelbaarheid in die romanse

  1. Wanneer ek ‘n storie begin lees, en daar is te veel karakters om te leer ken en te plaas sodat ek ‘n ‘prentjie’ kan kry, dan sit ek sommer die boek neer.
    Ek lees vir ontspanning, en wil nie die eerste hoofstuk ‘n paar keer oorlees voordat ek agterkom wie is wie nie.
    Lees bly lekker!!

    • Ek stem saam, Anoniem. Wanneer dit boonop ‘n klomp onuitspreekbare vreemdsoortige name ook is, smyt ek sommer die boek neer. Hoekom sommige skrywers dink as hulle eksotiese name vir hul karakters gee, dit hulle boeke interessanter sal maak, gaan my verstand te bowe!!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s