Breek ‘n slaggie weg!

Na ‘n onlangse wegbreek om te gaan skryf, kan ek die volgende punte noem vir iemand wat dit ook oorweeg:

1. ‘n Week is te kort. As jy Maandag ry en Vrydag terugry, het jy eintlik net drie dae. Twee weke, met ‘n kuier van die gesin/geliefde/vriende tussenin, sou dalk beter wees.
2. ‘n Mens sal mooi moet kyk waar jy so alleen gaan bly. Ongelukkig is veiligheid in SA ‘n groot faktor en ‘n mens moet dit liewer nie uit die oog verloor nie.
3. Ek kan afwisseling aanbeveel – leesgoed, handwerk, musiek, ens. Maar die gevaar om té veel afleiding te hê, bestaan beslis!
4. Dis ongelooflik hoeveel ure daar in ‘n dag is as ‘n mens jouself uit jou gewone lewe en roetine kan neem.

5. Vir my persoonlik is oefening en buitelug noodsaaklik.

6. Ek het nie heeldag probeer tik nie, maar so drie skofte per dag probeer inwerk.

7. Die ideaal sou waarskynlik wees om te kuier in die omgewing waar jou verhaal afspeel.

8. Ek het my radio vergeet – en dit was wonderlik. Ek het wel musiek gehad, maar geen nuus en aktualiteit nie.
9. Die koste is ongelukkig ‘n faktor.
10. Opgesom: Sterk aanbeveel!

Advertisements

3 comments on “Breek ‘n slaggie weg!

  1. Ek stem beslis saam – ‘n week is heeltemal te kort, wat nog van slegs vyf dae! Het verlede jaar Desember net voor Kersfees vir my huismense gese ek vat nou af – en toe gaan ek af Hartenbos toe. Dit was ‘n onvergeetlike kosbare ervaring om bietjie alleen te wees, maar ek dink ek moes my foon liewer in die see gooi, want in die paar dae het ek baie gedink, paar gedigte geskryf, maar ook niks verder gekom nie.

    Julle het ‘n baie oulike tuiste hier, ek geniet nogal die samepraatjies – veral Wikus s’n!

    Se net vir my asb, as ek iets uit die derde persoon se oogpunt skryf beteken dit ‘n “Ek is” -storie of ‘n “Sy is”- storie?
    GROOT GROETE!
    Tina-Bella vd Merwe

  2. Wanneer jy in die derde persoon skryf is dit ‘n “Sy is” storie en wanneer jy in die eerste persoon skryf, is dit “Ek is”. Die meeste genres werk die beste in die derde persoon en uitgewers verkies dit ook meestal so.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s