‘n E-pos kursus in die skryf van Liefdesverhale

Dr Jeanette Ferreira bied ‘n kursus in die skryf van liefdesverhale aan. Die koste daaraan verbonde is R 3 000. Elke kursusganger werk op haar eie tyd en kry individuele aandag. Hier is die besonderhede soos dr Ferreira dit aan ons deurgegee het:

“In roman op roman wat ek redigeer, sien ek die skrywer het werklik talent maar sou net soveel makliker kon werk en ek sou net soveel minder daaraan hoef te torring as daar behoorlike beplanning was voor sy begin werk het. Meer tegniese sake soos fokalisering, tydsaanduiding, showing en telling, geloofwaardige karakterisering, kan net soveel makliker hanteer word as die skrywer vooraf daarvan bewus was en genoeg oefening ingesit en genoeg terugvoer gekry het.

Ek het ‘n bestaande e-poskursus gereed.  Hierdie kursus sal waarskynlik ook skrywers help wat ernstiger werk wil aanpak. Maar vir ‘n romanza of ‘n liefdesverhaal staan dit stewig omdat dit al die basiese sake aanroer en ek oefeninge daarvoor geskep het. Ek wil nie graag die kursus op die oop internet hanteer nie, enersyds omdat mense wat nie daarvoor betaal het nie dit dan geredelik kan aftrek (dis maar ‘n ou probleem met internetkursusse). Andersyds is skrywers sensitief, wat net menslik en dus verstaanbaar is. Hulle wil nie hulle foute voor ander skrywers uitgestal sien nie. ‘n E-poskursus lyk my dus ideaal want daarin word elke skrywer se oefeninge en probleme indidividueel aangespreek.

Meer besonderhede: Die kursus bestaan uit 10 lesse en 11 oefeninge. Ingesluit daarby, as oefening 11, is die skrywer se eerste hoofstuk wat ek dan krit. Maar dan het ek reeds die beplanning vir haar hele roman se verloop en die volgorde van gebeure beskou en wenke aan die hand gedoen. Skrywers moenie vooruit werk nie maar die kursus les vir les hanteer sodat ek van die begin af elkeen se spesifieke probleem kan ondervang. Sy ontvang die volledige kursus per e-pos sodra sy betaal het (elektronies, asseblief, as dit kan). Die kursus dek die volgende:

Oorsig oor die bedryf as geheel

Beplanning

Chronologiese verloop en skommeling van gebeure om spanning te skep

Fokalisator

Seleksie en ordening

Milieu, dialoog en handeling – balans en funksie

Karakterisering

Verhaalspronge en cliffhangers

Paragrafering

Showing en telling

“Klaas se sinnetjie” (julle sal sien wat dit is!)

Styl

Indien jy belangstel om die kursus te doen, sê net so hier onder in ‘n comment, dan sal ons jou kontak.

Advertisements

17 comments on “‘n E-pos kursus in die skryf van Liefdesverhale

  1. Danksy Jeanette se waardevolle insette is daar nou al twee van my verhale aanvaar! En ek het letterlik vir jare geskryf en geskryf en gesukkel om te publiseer! Oor en oor die moeite werd.

  2. Dankie Margarethie. Baie beginnerskrywers sukkel omdat hulle dink hulle moet op eie stoom regkom. Skryf is soos enige ander ambag: iemand moet jou die fynere punte leer en dan moet jy dit oor en oor oefen. Sterkte met jou skryfloopbaan.

  3. Sedert ek Jeanette se kursus bygewoon het, is my skryfwerk baie meer gefokus en doelgerig. Intussen was ek ‘n finalis in Woes se Skryfkompetisie (kortverhale) EN my eerste liefdesverhaal is deur ‘n uitgewer aanvaar! Ek dink Jeanette bied ‘n unieke kombinasie van skills: self bekroonde skrywer, professor in letterkunde, vertaler, uitgewer, redakteur, ens. Vir my was dit ‘n voorreg om by Jeanette te leer en ek sal haar altyd beskou as die persoon wat my op pad gesit het. Jeanette se kursus was vir my soos om by die voete van ‘n ghoeroe te sit.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s