Die romanse: Trooskos vir die siel

Prof Hans du Plessis het verlede week by die Lenteskool gesê dat liefdesverhaalskrywers NIE nodig het om hul genre te verdedig nie. Om die waarheid te sê, hy’t gesê dat hulle dit nie behoort te doen nie!!

Dit het my laat dink. Ons slaan ons hande saam oor wat Elize Parker die moed gehad het om op nasionale radio te sê en ons is dankbaar dat sy vir ons ‘n lansie breek, maar was dit regtig nodig?

Spreek die statistieke van die verkope van die romanse en die liefdesroman nie vanself nie? Is die feit dat ‘n liefdesroman maklik 8 000 of 10 000 kopieë verkoop en ‘n romanse van ‘n gewilde skrywer tot 5 000 of meer verkoop in vergelyking met ‘n paar honderd van bv. ‘n digbundel, nie bewys genoeg vir ons nie?

Soos Elize gesê het: “Die leser is koning!” en die lesers verkies om ons boeke te koop en NIE letterkundige werke nie.

So, is dit ons werk om ons genre te verdedig, of is dit ons taak om aan te hou skryf aan daai stories wat ons lesers so gulsig opslurp?

Laat diegene wie se druiwe bietjie suur is, gerus maar ons stories spottenderwys hygromans noem. Ons WEET ons stories is trooskos vir honger en dorstige siele. Ons WEET wat ons werk vir ons lesers doen.

Buitendien, soos Arien Lubbe onlangs tereg gesê het: “Ons hyg al die pad bank toe!”

Advertisements

4 comments on “Die romanse: Trooskos vir die siel

  1. Nou die dag kuier iemand (wat aan die stuur van ‘n klein, plaaslike leeskring staan, daai tipe waar almal Afrikaans is maar meestal Engels lees) by my. Sy stap toe na my boekrak, PLUK ‘n Ettie Bierman-omnibus uit en staar fronsend daarna (terwyl ek sukkel om my lag te hou). Sedertdien het die gereelde sms’se om my leeskring toe te nooi ook opgedroog. Lank lewe elke lekker liefdesverhaal (en hul skrywers)!

  2. Dis waar wat julle sê. As ek die werklikheid wil sien/beleef, kyk ek nuus (wat ek beslis nie graag doen nie!)en hou skool, as ek mense wil hoor vloek, luister ek na tieners en grootmense by ‘n partytjie/funksie en as ek wil ontvlug, lees/skryf ek romanses. Moenie my vertel die leeskringbokkies kyk NOOIT ander programme as nuus nie en wat het die meeste hedendaagse flieks, sepies en liedjies as tema? Die liefde en al die intriges wat daaromheen afspeel. As hulle dan so graag opgevoed wil word, voed voort. Maar wraggies, wat sommige letterkunde se waagwoordeskat hulle leer, kan hulle baie vinniger by hulle vriende en by dames van die rooi-ligbrigade optel. En die temas? Lees koerant of Huisgenoot: dis daar, wel minder mooi opgedis, maar daar.

  3. Ja, en neem nou maar iemand soos Jennifer Aniston. In watter tipe flieks speel sy? Meestal romantiese komedie! Sy lyk beslis nie skaam daaroor nie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s