Jou eie skryfstem

Ek hoor dikwels hoe daar aan skrywers die raad uitgedeel word dat jy jou eie stem moet vind.

Wat is dit?

Ek glo dis die soeke na ‘n manier van skryf waarmee jy gemaklik kan voel. Dit help nie om jou gunstelingskrywer of iemand wie se werk jy baie bewonder, te probeer na-aap nie. Ek sou sê jy moet eerder kyk wat dit is wat daardie skrywer doen wat jou so beïndruk, en beoefen daardie tegniek op jou eie manier. Leer van ander, ja, maar moenie probeer om hulle te wil wees nie. ‘n Skrywer wat ‘n ander probeer nadoen, klink soos iemand wat met ‘n vreemde aksent probeer praat – aangeplak en onopreg. Lesers tel dit baie vinnig op.

‘n Skrywer wie se werk ek baie bewonder, Maeve Binchy sê: “I think that finding a voice in writing has everything to do with integrity and little with stylistic imitation.”

Watter bekende skrywers bewonder jy en by wie sal jy graag wil leer?

Advertisements

5 comments on “Jou eie skryfstem

  1. As ek een ding kan uitsonder wat my altyd tref: as ‘n skrywer met min en alledaagse woorde baie oordra. (Dalk is dit omdat daar ge”show” en nie ge”tell” word nie?) Soos bv Christene le Roux, Helena Hugo en Irma Joubert, as ek nou vinnig aan voorbeelde moet dink.

  2. Terug pieng: Madelie Human gee raad oor hoe om ‘n eie skryfstem te ontwikkel | LAPA Uitgewers

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s