Die belangrikste bestanddeel van skryfsukses …

… is NIE skryftalent nie, maar die een ding waarsonder ‘n skrywer kan vergeet van enige sukses, is deursettingsvermoë.

Dis so maklik om nadat jou eerste poging ‘n ongunstige ontvangs by ‘n uitgewer beleef het, moed op te gee en te dink dit sit eenvoudig nie in jou broek om te kan skryf nie. Dis diesulkes wat weer opstaan na teleurstelling en weer probeer, wat uiteindelik sukses behaal.

‘n Groot skrywer soos Stephen King erken ruiterlik dat hy ‘n hele versameling briefies het van uitgewers wat nie sy werk wou aanvaar voordat hy sy eerste boek gepubliseer het nie.

Skryf is ‘n ambag wat oefening en harde werk verg. Dit neem tyd om jou talent te slyp en te ontwikkel om die beste te kan wees wat dit moontlik kan wees.

Die meeste suksesvolle skrywers is mense wat glo daaraan dat jou eerste poging nie noodwendig jou beste poging is nie en dat herskrywe ‘n integrale deel van die werk van ‘n skrywer is.

Skrywers, deel asseblief hier jul eie ervarings van herskrywe met ons beginners sodat hulle kan sien dit is wel so. En beginners, haal daai ‘mislukte’ poging uit jou onderste laai en stof hom af. Takel hom weer en slyp hom!!

Advertisements

3 comments on “Die belangrikste bestanddeel van skryfsukses …

  1. Skryf is herskryf. Om na al jou herskrywery en slypwerk jou manuskrip terug te kry as “nie geskik vir publikasie nie”, kan dit maklik jou moed breek. Maar moenie moed opgee nie: sit agteroor en heroorweeg.
    Vind by die uitgewer uit WAT is fout: is dit die hele storie wat nie werk nie? Dan herdink jy dit. My heel eerste poging (in 1995) was bv ‘n storie oor die grensoorlog, en die tyd was REGTIG nie geskik daarvoor nie. Ek het herrangskik en ‘n ander ‘setting’ gekry, en hy is daarna aanvaar.
    Is dit jou karakters wat nie werk nie? Dan herskep jy hulle of skrap party van hulle summier. Is dit net ‘n aspek van die storie wat pla? Dan wysig jy daardie deel tot hy werkl. Is jou taalgebruik dalk outyds of formeel of lomp? Dan vra jy hulp.
    Kyk na alles, dink weer mooi daaroor, besluit of jy regtig wil voortgaan: en dan pak jy hom van ‘n kant af. Jy sal verstom wees om te weet hoeveel van die boeke wat jy al gelees en geniet het, is so ‘n feniks wat uit die as herrys het.
    Skryf is om nie in sak en as te gaan sit nie, maar om daardie feniks uit die as te laat opstaan.

  2. Dankie Madelie en Bets. Sou julle dink ‘n manuskrip word makliker aanvaar as ‘n skrywer klaar ‘n voet in die deur – ‘n gepubliseerde boek – het? Of is dit maar elke keer ‘n proses van wag en naels kou?

  3. Dit word geensins makliker nie. Elke manuskrip word op eie meriete beoordeel. Selfs na talle suksesvolle boeke kan ‘n manuskrip van ‘n goeie skrywer ook nog afgekeur word as die uitgewer dink die boek voldoen nie aan hulle vereistes of die behoeftes van die lesersmark nie.

    Ja, Kathleen, jy kou maar elke keer jou naels en jy wag soms maande om iets te hoor.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s