Skryf issie vir sissies nie.

Rykie het vroeër in die week gesê: “Skrywers word nie celebs nie, die papparazi jaag hulle nie en die handtekeningjagters soek hulle nie.”

Sy was reg.

Veral as jy Afrikaanse romanses skryf.

Skryf is harde, eensame werk vir min geld, het ek weereens laasnag besef toe ek om middernag agter my rekenaar inskuif omdat die skryflus my uit die bed gejaag het en omdat my boek eintlik lankal moes klaar gewees het. Die karakters van my storie het voor my bed kom staan en in my slaap gepraat totdat ek dit nie meer in die lekker warm kooi kon uithou nie. Ek moes eenvoudig opstaan, myself in ‘n kombers toedraai teen die Bosveld se nagkoue en daai toneel kom tik! Nou is my storie darem een hoofstuk verder en kan my siel weer bietjie rus tot ‘n volgende keer.

Wat soek mens om middernag in jou studeerkamer, vra jy my? Of die nood moet groot wees, of jou werk moet vir jou vrek lekker wees. Myne is laasgenoemde. Wanneer die storie loop, moet ek hom eenvoudig neerpen.

Nag of nie nag nie.

Bibberkoud of te nie.

Jip, skryf issie vir sissie nie.

Advertisements

9 comments on “Skryf issie vir sissies nie.

  1. Ek stem: dis harde, eensame werk vir min geld. Maar as mens darem musiek het en nie te sleg met jouself oor die weg kom nie, is die geselskap heel skaflik. En as mens jou inkomste neem en jy tel daarby die geld wat jy spaar aan dokterskoste (teen depressie) en die sielkundige of berader se fooi (teen malligheid en depressie), EN dit wat hulle pille, medisyne en stropies jou sou kos, word dit ‘n aardige bedraggie. Jy kan nog geld bytel: dink aan die geld wat jy spaar omdat skryf jou uit die winkels hou, die geld vir ‘n huweliksberader omdat jy jou frustrasies miskien op jou man gaan uithaal … Eintlik kry ons ‘n heel skaflike inkomste, en dit vir iets wat ons geniet en kan doen net wanneer ons wil!

  2. Ek is bly gesoute romanseskrywers dink ook dis ‘n eensame beroep. Maar sjoe, dis lekker. Die karakters word byna soos vriende by wie mens met elke skryfsessie bietjie gaan kuier. Klink dit mal?! 😀

  3. Dis reg, in die lyn van ons skryfsels, moet ons nie net aan die vergoeding daarvoor dink nie. Ons almal erken tog dit waaroor ons skryf is vir ons lekker. Wanneer ek daaraan dink dat sommige lesers my boek geniet soos ek dit geniet het om dit te skryf, is dit al klaar deel van my vergoeding. Maar ja, dit is ‘n eensame werk.

  4. Julle klomp wonderlike skrywers kry dit altyd reg om ons lesers so mee te voer dat ons nie altyd daaraan dink oor hoe en wanneer die storie daar gekom het nie!
    Dankie dat julle selfs diep in die nag in die bibberende koue sal opstaan om julle woorde neer te pen!
    Sterkte aan elkeeen van julle!
    Julle is vir ons regtig ‘n ‘n wonderlike voorbeeld!

  5. Julle is almal reg. Om boeke te skryf is harde werk! En die proses – van beplanning tot die laaste punt – sal onmoontlik wees sonder ‘n ondersteuningsisteem. Dit is ook natuurlik die selfdissipline om elke dag te skryf wat ‘n uitdaging is. Wat dit makliker maak is om te weet dat daar lesers is wat na ons boeke uitsien en die stories geniet. Daardie genot beteken dat al ons harde, eensame werk die moeite werd was.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s