Leer ken jou karakters

Deskundiges stem saam dat ‘n skrywer sy karakters baie goed moet leer ken. Hy moet selfs meer weet oor die karakter as wat hy in die verhaal oor hulle laat blyk. Hy moet weet hoe hulle aanmekaar gesit is en hoe hulle oor dinge dink. Met daardie kennis is dit veel makliker om jou karakters geloofwaardig te laat optree. Hieruit vloei die idee om te gaan sit en ‘n klompie vrae aan jou karakter te stel. Glo my, dis ‘n interessante oefening – ek het gevind hulle is nogal heel bereid om met jou te gesels!
Google jy Questions to characters, kry jy 439 000 000 verwysings in 0.14 sekondes! Genoeg om oorweldig te voel. Om jou te help, plaas ek vier skakels met interessante vrae hieronder. Om dit nog interessanter te maak, het ek my mede-skrywers gevra vir ‘n paar vrae wat hulle aan hul karakters wil stel:

Marilé Cloete:
1. Hou jy van rugby? Hoekom/hoekom nie?
2. Vir watter span skree jy?
3. Hou jy van braai? Hoekom/hoekom nie?
4. Is jy ‘n goeie braaier?
5. Hoe voel jy oor taxi’s?
6. Is jy ‘n kandidaat vir ‘n aanval van padwoede?
Rykie Roux:
7. Wat verkies jy? Katte of honde?
8. Rooiwyn? Of sjampanje?
9. Wat is die een ding wat jou ma altyd gesê het?
10. Wat is die een ding wat jou pa altyd gesê het?
Rika Du Plessis:
11. Verkies jy boerekos, of eksoties, vreemde disse?
12. Trek jy volgens mode aan, of het jy jou eie styl?
13. Is jy gesteld daarop mense moet ‘n afspraak maak voor hul vir jou kom kuier?
14. Voel jy gemaklik om in hierdie eeu van ons saans alleen in die straat te stap?
Marietjie Welgens:
15. Nog iets wat jou ma gesê het?
16. Dink jy voor jy praat?
17. Handel jy impulsief?
18. Is jy ma of pa se kind?
19. Bespeel jy ’n musiekinstrument?
20. Doen jy jou deel by kerkbasaars?
Thea Holland:
21. Hoe hanteer jy verhoudings?
22. Die lewe is ’n avontuur. Reg?
23. Hoe voel jy oor die heldin/held?
Annetjie van Tonder:
24. Kan jy op jou voete dink as daar skielik aan jou vrae gestel word? 25. Is jy gemaklik daarmee om kos te maak of koek te bak met ‘n ander vrou by jou in jou kombuis?
26.Kan jy maklik ‘n paar dinge gelyk doen? (Multitask)
Lené de Waal:
27. Na watter musiek luister jy?
28. Wat is jou gunsteling kossoort?
29. Is jy ʼn avontuurlustige mens?

Dit word natuurlik groot pret as ‘n mens die speletjie verder voer en die vrae aan jouself of aan jou geliefde begin stel …

Hieronder is die vier boonste skakels van die lang, lang lys:

http://fictionwriting.about.com/od/crafttechnique/tp/createcharacter.htm

http://www.writingclasses.com/InformationPages/index.php/PageID/106

http://www.teachingcomics.org/index.php?option=com_content&view=article&id=67:20%20Questions%20for%20Characters&catid=35:Exercises&Itemid=55

http://www.gather.com/viewArticle.action?articleId=281474976908598

Advertisements

One comment on “Leer ken jou karakters

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s