Om iets te skep

Op die vraag waarom hulle skryf, antwoord skrywers dikwels dat hulle nie anders kan nie. Dis egter nie altyd duidelik wáárom die persoon nie anders kan nie. Die drang om te skep is nie iets wat maklik verklaar kan word nie. Ekself ondervind dat ek eenvoudig net diep ongelukkig en moedeloos raak as ek vir ‘n tyd nie skryf nie. Na baie kopkrap het ek besluit dis dalk ‘n kwessie dat die mens deur iets te skep (en dit hoef nie net ‘n storie te wees nie) so ‘n klein, klein fraksie van die Groot Skepper kan ervaar. Natuurlik kan ons nooit naastenby doen wat Hy kan doen nie, maar ons kan dalk ‘n titseltjie daarvan beleef deur ons kreatiwiteit.  So gesien is dit nie vreemd dat enige skeppende aktiwiteite so heilsaam vir ‘n mens is nie – dit kan ons moontlik in aanraking bring met die klein brokkie goddelikheid wat ons dalk almal in onsself omdra.
Waarom skryf jý?

Advertisements

2 comments on “Om iets te skep

  1. Ek dink skryf hou vir my dieselfde bevrediging in as wat atlete uit hul daaglikse oefening kry. My gesin vertel my dat ek ‘n baie vroliker en gelukkiger mens is wanneer ek wel skryf. Ek voel onvergenoeg as ek vir ‘n tyd lank nie geskryf het nie. Wat is nou ‘n beter rede as dit om dit aan te hou doen?

  2. Ek stem saam: skryf is terapeuties, amper soos ‘n uitpraatsessie. En vir my gaan stap en skryf saam: terwyl ek stap, groei die storie in my kop en as ek by die huis kom, tik my hande die prentjies in woorde. Dit hou my buitendien uit die kwaad, en uit die skuld uit – daar is nie tyd vir winkelsnuffel of nodigheid vir inkopieterapie nie!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s