Uit die mond van ‘n grote …

Elke skrywer smag maar deurgaans na die soms ontwykende inspirasie. Hoor ‘n bietjie wat PG du Plessies hieroor sê:

Volgens Du Plessis is inspirasie ’n seldsaamheid wat selde sy opwagting maak. “Ek glo inspirasie kom uit die 19de eeu waar ’n ou in ’n donker dakkamer stadig doodgaan aan tering en sy laaste manuskrip skryf. Dit is inspirasie,” het hy gesê en sy oë op skrefies getrek van lekker lag. “Maar soms is daar oomblikke wat jy weet: Hier het jy ’n ding wat werk.”

Lees die berig oor sy verering by Inniebos by http://afrikaans.news24.com/Vermaak/Nuus/PG-du-Plessis-kry-eer-vir-lewenswerk-20110701-2

Advertisements

3 comments on “Uit die mond van ‘n grote …

  1. Ek stem nogal saam. Soms kry mens ‘n idee wat werk. ander kere kry mens net ‘n idee en moet bleddie hard daaraan werk. Maar as mens vashaak, is dit meestal omdat jy tot die dood toe moeg is; of besig om siek te raak; of jou karakters wil nie vir jou luister nie. Die muse is maar net ‘n mite. Ek voel byvoorbeeld nooit geïnspireer om nasienwerk te doen nie, maar vir skryf is ek altyd lus, of die storie glad verloop of nie.
    Grappies op ‘n stokkie: partymaal kry ek meer positiewe terugvoer oor ‘n storie waaraan ek na my mening nie ‘geïnspireerd’ gewerk het nie, as een waar alles glad verloop het.

  2. Ek dink oom PG weet maar net waarvan hy praat. Inspirasie is sekerlik vir elke mens iets anders. En die muse is … volgens my woordeboek een van die nege godinne van die kunste wat glo digters inspireer het in die ou dae. Wel, ek is nie ‘n digter nie en ek het nie in die ou tyd geleef nie, so ek kan sekerlik nie loop en vertel dat ek ‘n muse het wat my inspitreer nie!!

  3. Ek glo nie inspirasie kom voor jy skryf nie. Iets prikkel jou belangstellig, ja, maar dis nie inspirasie nie. Inspirasie kom wanneer jy aan die werk is, al beplannende, maar veral al skrywende. Dis wanneer daar magic gebeur – in die proses self.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s