‘n Blitsverkoper – blote geluk?

Wat maak dat ‘n skrywer se boeke soos soetkoek verkoop? Was dit die regte bemarking deur die uitgewer, of blote geluk?  Donald Maass sê dis die “passion, purpose and techniques” van die skrywer wat die ding doen. Hy sê die boek se buiteblad kan treffend wees, die bemarkers kan hulleself oortref, maar as die lesers nie die skrywer se passie tussen die bladsye kan vind nie, sal daai boek nie verkoop nie. Lesers kom baie vinnig agter wanneer ‘n boek soos ‘n skip sonder roer van koers af dryf sê Maass verder. Hy reken dis wanneer daardie passie, doelgerigtheid en die skryftegnieke van die skrywer nie is wat dit moet wees nie.

Ek hoor soms skrywers spog met hoe vinnig hulle ‘n manuskrip kan voltooi en dan wonder ek of daardie afgerammelde werk enige tekens van bogenoemde drie kwaliteite gaan toon.

Ons hoor graag wat ervare skrywers te sê het hieroor.

 

Advertisements

4 comments on “‘n Blitsverkoper – blote geluk?

  1. Jy wonder nie verniet nie – in my oë is ‘n afgerammelde manuskrip beslis nie enige skrywer se beste werk nie. Gewoonlik kom keurders dit ook sommer dadelik agter – veral as hulle die vorige werke van die spesifieke skrywer ken.
    Ek het juis onlangs ‘n boek van ‘n redelik bekende skrywer gelees waaroor ek hierdie gedagte gekry het. Omdat haar vorige werke nogal tot my gespreek het, het hierdie een my nie eens lus laat voel om hom klaar te lees nie. Die “saamleef” van die skrywer in haar vorige boeke, was net eenvoudig nie in hierdie ene nie. Dit is dan wat mens die indruk van aframmeling kry.

  2. Ek stem saam met Rika: ‘n afgerammelde manuskrip gaan sy skrywer en homself in die voet skiet. Nie dat ‘n vinnig-afgehandelde manuskrip altyd afgerammel is nie. Inteendeel: ek vermoed party skrywers kry soms ‘n briljante idee wat eenvoudig die kreatiwiteit aan die borrel en kook sit sodat die storie eintlik uitborrel. Dan moet die skrywer net skaaf vir die vale om die afwerking perfek te kry.
    Gelukkig het ons by LAPA streng keurders wat raadgee en voorstelle maak en help skaaf wanneer die inspirasie ontbreek het of wanneer die storie met ons weggehol het. Ek hoop dus die redelik bekende skrywer waarvan jy praat is by ‘n ander uitgewer as LAPA.

  3. Ek dink daardie vraag is ‘n miljoen rand werd! Persoonlik dink ek dit is ‘n kombinasie van baie, baie, baie elemente. Soos Maass se: passie, doel en tegniek. Maar, ek dink dit het ook te doen met die skrywer se ‘stem’ – of dit aanklank vind by die massas, die tema, die skrywer se reputasie en bekendheid, die bemarking, die huidige populariteit van sekere tipe boeke, ens. As ons maar net geweet het wat daardie EEN element was, sou ons almal daarvoor werk. Dalk is dit soos ‘n fliek wat net alles regkry: die regte akteurs vir die rolle, die regte draaiboek, die regte regisseur, klank, musiek, stel, ens, ens,.

    Ek stem wel saam met julle hierbo: afgerammel net om vinnig te skryf maak nie sin nie. Party mense skryf jare aan een boek en dit is ‘n blitsverkoper, ander kry dit reg in ‘n paar weke. Dan daar is die meeste skrywers wat iewers tussen in pas en teen ‘n goeie pas moet skryf, maar die tyd MOET neem om dit reg te doen.

  4. Terug pieng: Madelie Human gee raad oor hoe om ‘n blitsverkoper te skryf | LAPA Uitgewers

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s