Rykie Roux: ’n Katterige kyk na konflik in ’n storie


Hierdie bydrae van on(s)katbare waarde kom van die gewilde skrywer, Rykie Roux:

Ons begin met ’n enkele sin:die kat sit op die mat.

Dis g’n storie nie sal jy sê. Dis miskien ’n skildery of dalk ’n foto. Maar ’n storie?Jy is reg, dis nie ’n storie. Nog nie. Maar dit kan ’n storie word as ons die regte vrae vra.

Hoe lyk daai kat? Is sy dalk grys met helder groen oë? Swart met drie wit pootjies? Is sy ’n spierwit Persiese kat met lang syerige hare? Of is dit dalk ’n vlekvel mannetjieskat met ’n stompstert en gluuroë.

Hoe sit die kat? Tevrede met pootjies netjies onder haar ingekrul. Kietsregop met ’n kwispelstert, reg om te veg? Al spinnend uitgestrek op haar maag?

Hoe lyk die mat waarop ons kat sit? Is dit ’n weelderige Persiese mat vir ons prinses van ’n wit kat? Is dit ’n knus knolletjiesmat vir die swart kat? Of is dit ’n geskeurde, weggegooide stuk motormat vir die mannetjieskat wat in ’n parkeerterrein moet oorleef op krummels kos wat mense na sy kant toe slinger?

Afhangende wat jou keuses is, het jy nou al ’n baie beter prentjie van daai kat op sy mat. Kom ons sit nog ’n paar woorde by ons sin: Die kat sit op die ander kat se mat.

Aha, jy kon voel hoe skuif die sin van ’n sin na storie, né. Dis die manier waarop die bekende skrywer John le Carre verduidelik dat die kern van enige storie konflik is. Daar is twee mense of twee idees of selfs twee magte, soos goed en kwaad, wat in ’n stryd moet wees. In dié geval is daar twee katte en net een mat. Kies jou katte. Kies die mat. En begin jou storie . . .

Advertisements

One comment on “Rykie Roux: ’n Katterige kyk na konflik in ’n storie

  1. Terug pieng: Rykie Roux gee raad oor konflik in ‘n storie | LAPA Uitgewers

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s