Daardie eerste sin

Die eerste sin kan ‘n leser lus maak vir die boek – of die boek laat toeklap. Lesers is ook haastige mense en min het die tyd om ure in boekwinkels deur te bring. (Al wens hulle almal hulle kon.)
Ons het al gepraat oor die belang van die eerste paragraaf. Wel, die eerste sin baan natuurlik die weg vir die eerste paragraaf om sy werk te doen – of nie.
Hieronder is die eerste sinne uit ‘n klompie Afrikaanse boeke wat ek sommer net lukraak uit my rak getrek het. Kyk gerus of jy hulle ken, of hulle vir jou effektief lyk, en of jy ‘n idee kan vorm van watter soort verhaal se begin dit is. Die bronne is onderaan die lysie.

1. Dis Liliane se laaste dag hier.
2. Julia Eksteen sit op die neus van haar motor, haar lang, bruingebrande bene opgetrek sodat haar elmboë op haar knieë rus.
3. Kom na my toe.
4. ‘n Padmaker is nie ‘n mens nie, hy trap net ‘n spoor soos ‘n mens.
5. “Daai tannie met die rok en die bangles is my pa!” hoor ek my seuntjie van ses woedend aan die ander kant van die supermarkrak protesteer.
6. Die foetery het gekom toe ons al amper by Sjina was.
7. Een voordeel van vryskutwerk, is dat ‘n mens nie op wintersoggend hoef op te staan terwyl dit buite nog koud en donker is nie.
8. Elizabeth kyk ontevrede na die wanorde om haar.
9. Dulcie-Anne Douglas stamp effens aan haar dogter.
10. Dit gebeur in ‘n oogwink.

En hier is die bronne:
1. Huis teen die skuinste – Marietjie van Rooyen
2. Liefdesvallei – Christine le Roux
3. Papawers – Ingrid vander Veken
4. Padmaker – Christine Barkhuizen le Roux
5. Moer toe die vreemde in – Johan Bakkes
6. Op pad Sjina toe (Uit: Verhale uit ‘n koel voorhuis) – Abraham H. de Vries
7. Eendag op ‘n reëndag – Jaybee Roux
8. Verbode drif – Irma Joubert
9. Vier begrafnisse en ‘n troue – Pat Stamatélos
10. Meetsnoer – Chanette Paul

Advertisements

2 comments on “Daardie eerste sin

  1. Die klomp voorbeelde wat jy hier het, is almal goeie skrywers en dis duidelik dat nie een van hierdie eerste sinne sonder vele oorweging geskryf is nie.

    Daar is egter baie skrywers wat nie genoeg aandag aan daardie eerste sin gee nie. Dis veronderstel om die leser te lok om dadelik verder te wil lees en nie weer die boek neer te sit nie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s