Kreatiwiteit op voetsoolvlak …

My skryfvriendin, Marisa Haasbroek, het my onlangs herinner aan en laat nadink oor wat ‘voetsoolvlak’ vir my beteken.

Julia Cameron, groot guru wat betref kreatiwiteit, sê enige kunstenaar MOET elke dag vir ten minste twintig minute gaan stap as jy wil hê die kreatiewe sappies moet aanhou vloei.

Al ons senuwees eindig in ons voetsole en is bitter gevoelig. Dit is ook ‘n bekende feit dat elke keer wat mens se voetsole met moeder aarde kontak maak, soos wanneer jy flink stap, daar prikkels deur die senuwees na jou brein toe gestuur word. Dit stimuleer die afskeiding van seratonien en dit bring positiewe gevoelens mee.

Cameron sê dat jy jou kreatiwiteit as’t ware los kan stap. Solank jy aanhou stap elke dag, sal jou muse glo nooit wegraak nie.  Jy moet dit verkieslik alleen doen sodat jy kan fokus op dit wat jou innerlike stem vir jou wil sê. Sy sê stap verhoog jou vermoë om te luister, nie net na die natuur om jou nie, maar na jou onderbewuste. As jy nie in die natuur kan gaan stap nie, en jou enigste opsie is ‘n raserige straat, moet jy rustige musiek saamneem om na te luister. (‘n walkman) Stap kan ‘n vorm van meditasie wees en in die proses kom jy werklik in kontak met jouself en met jou Skepper, want jou staptyd is ook ‘n goeie tyd vir gebed.

Dus: enigiemand lus om te gaan stap?

Advertisements

2 comments on “Kreatiwiteit op voetsoolvlak …

  1. Ek trek net gou my tekkies aan.

    Wat ‘n wonderlike idee. Ek stem saam met die stappery – ek stap baie en dit help beslis om al die idees wat in my kop rondsweef te organiseer. Dit sou natuurlik soveel beter gewees het om saam met jou in die inspirerende Bosveld te stap, Madelie!!

  2. Dankbaar daar is darem een ding wat ek al vir donkiejare reg doen! Het nog nooit so daaraan gedink nie. Maar dat stap (en enige ander oefening) tallose voordele inhou, is ‘n feit.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s