Moontlike bronne van konflik

Toe ek hierdie lysie so bekyk, besef ek enige van die dinge wat genoem word, kan lekker ingespan word om oortuigende konflik in ‘n romanse in te bou. Hulle sal ook lekker werk as karaktertrekke van die hoofkarakters.
BELANGRIKE VRAE VOOR JY TROU:
‘n Firma in London wat in gesinsreg spesialiseer, sê paartjies moet meer oor mekaar uitvind voordat hulle trou. Jy moet uitvind of jou toekomstige lewensmaat enige verslawings het, bv. inkopies of pornografie. Nie dat jy die persoon gaan los nie, maar jy sal net meer realisties in die verhouding ingaan. Die regspraktyk het ‘n paar voorbeelde gegee van inligting wat jy moet bekom van jou potensiële lewensmaat voordat julle trou:
Finansieël: • Weet julle van mekaar se bates? • Gaan julle dit deel? • Hoe voel julle oor spaar? Familiebande: • Wat is jou verhouding met jou familie? Is jy baie by hulle betrokke? • Hoe voel jy oor skoonfamilie?
Kinders: • Wil jy kinders hê en hoeveel? • Hoe voel jy oor staat vs privaatskole? • En gaan jy hulle kerk toe stuur?
Ontspanning: • Wat is jou idee van ‘n droomvakansie? Lê op die strand of bergklim? • Wat wil jy meestal oor naweke doen? Geheime: • Het jy geheime verslawings soos inkopies, sjokolade, sport voor die TV of pornografie?
Eerlikheid: • Enige vorige liefdes met wie jy nog in kontak is, en wat is die aard van julle vriendskap?
Die regspraktyk sê geen werkgewer sal ‘n persoon aanstel, sonder om te oorweeg of hy/sy die regte persoon is vir daai posisie nie. So hoekom sal mens iemand kies vir die res van jou lewe sonder navorsing? Suksesvolle verhoudings word gebaseer op eerlikheid.

About these ads

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s