Die liefde: Dis wetenskap én waansin (slot)

 Sal ons egter ondanks deeglike navorsing en  talle teorieë ooit verstaan wat die liefde is?

Selfs die wetenskaplike Albert Einstein het dit as ’n strikvraag beskou en skouerophalend gevra; “Hoe op aarde verduidelik ’n mens in terme van chemie en fisika so ’n  belangrike fenomeen soos eerste liefde?”

Grové sê uit ‘n suiwer wetenskaplike oogpunt is die mens wesenlik ‘n voortplantingmasjien, maar ons lewensbeskouing en godsdienstige ingesteldheid, asook die behoefte aan ‘n maat wat ‘n mens bo almal sal liefhê, gaan ons nie toelaat om dit so in te sien nie. Nee wat, dit sal my lewe so sinloos en arm maak dat ek liewer die hele konsep van liefde as wetenskap by die venster uitgooi. Liefde moet meer wees as dit, en dit is. Ons beperkte verstandelike vermoë kan nie al die dimensies, veral nie die spirituele waarneem nie.

Ons maak reëls om struktuur en sekuriteit in die samelewing te bied.

Maar neem die liefde weg, en ons is siellose outomate, en wie wil nou so leef?

Aanvullende bronne:www.articlesbase.com, www.romancestruck.com, www.sciencedaily.com, www.quotations.com, www.about.com, www.bbc.co.uk, www.canadianliving.com, www.shine.yahoo.com, www.yuni.com, www.healthmad.com, www.eqsa.co.za,

Dankie aan Carla van der Spuy wat hierdie artikel met ons gedeel het!


 

Advertisements

One comment on “Die liefde: Dis wetenskap én waansin (slot)

  1. Die feit dat ons voortplantingsmasjiene is wat as slawe vir ons selfsugtige gene optree, neem nie enige betekenis uit my lewe uit nie. Trouens, ek voel juis minder belas omdat ek nie meer ‘n uitsonderlike skepsel is wat alewig my dade moet beheer en kontroleer om getrou aan my spesiale etiket te wees nie. Ek is lei ‘n betekenislose lewe en dus kan ek die klein goed soos eerste liefde geniet omdat ek ‘n mens is wat geprogrammeer is om dit te geniet, en die tragedies traak my nie omdat dit geen invloed op my lewe of op enige aspek van die heelal het nie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s