Dagboek van ‘n romanseskrywer (14)

Wat om te doen met ‘n mislukte manuskrip – dis geen maklike vraag nie. Want myns insiens moét daar iets gedoen word. Om bloot oor te gee en die ding maar weg te smyt, is nie vir my ‘n opsie nie. Dit ruik darem alte veel na gaan lê. En dit is ‘n ding wat geen skrywer kan bekostig nie. Maar om die regte keuse te maak, is bitter moeilik.
Die ooglopende opsies is natuurlik om die manuskrip te vat en of ‘n romanse of ‘n volwaardige liefdesroman daarvan te maak. Wat albei op die oog af nogal heel maklik klink. Tot jy die dokument oopmaak en na die teks begin kyk. Dan kom jy te staan voor die baie moeilike vraag waaroor ons al heelwat op hierdie blog gepraat het: Wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n romanse en ‘n LR? Want as jy die ms in ‘n romanse wil verander, sal jy alles wat eintlik in ‘n LR hoort, moet uithaal. As jy dit in ‘n LR wil verander, sal jy in staat moet wees om elke romanseagtige sin raak te sien en uit te haal. Praat van killing your darlings – pynlik!
My vermoede begin raak egter al hoe sterker dat nie een van bogenoemde twee die oplossing gaan wees nie. Vorige ondervinding het my geleer die resultate is gewoonlik nie goed wanneer ek ingrypend aan ‘n bestaande ms begin verander nie. Erens gaan iets verlore. Die oplossing gaan wees om net die basiese idee te behou en die storie heeltemal oor te skryf, watter sub-genre ek ookal daarvoor kies. Dus moet al die darlings nekomgedraai word, nie net party nie! Vreeslike gedagte.
Na weke se wroeging het ek dus besluit om die oordeel uit te stel. Ek bêre hom in die onderste laai – en probeer vergeet van hom. En hoop dit in my hart ek sal weet wanneer is die regte tyd om hom weer daar uit te haal. En dat daar vir my ‘n liggie sal opgaan wanneer ek hom weer lees.
Maar oorgee? Beslis nie.

Advertisements

2 comments on “Dagboek van ‘n romanseskrywer (14)

  1. Dis nou hoe ‘n ware skrywer praat. Moed opgee, is min.

    Ek dink jy is reg, Alta. Bêre hom totdat jy regtig weet wat jy wil doen. Ek wag in spanning om te hoor van my liefdesroman wat ek gesny het om ‘n romanse te wees. Heel moontlik gaan die uitgewers nou presies die teenoorgestelde sê as voorheen. Nou hel hy dalk weer te veel oor na die ander kant toe! Eish.

  2. Die opsie om die manuskrip te bêre klink vir my ook goed. Ek het ondervind as mens besluit het in watter genre jy die storie wil inpas, dan begin die karakters hul eie koers inslaan in jou kop en sodra jy, en hulle, reg is om weer in ‘n storie vasgevat te word, vloei dinge – meestal! Daar is natuurlik jou gewone stopstrate en verkeersknope. Maar hy kom wel by sy bestemming uit – al verras die bestemming die skrywer soms.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s