Hoekom die manne die huwelik vermy

Die heldinne in jou boeke loer rond vir mans wat goeie troumateriaal sal uitmaak, maar die manne wil hulle nie so graag verbind nie. Daar is redes voor en dit sal die romanseskrywer betaam om haarself te vergewis van daardie redes sodat sy ‘skietgoed’ kan hê om haar helde mee te verdedig.

Ek het ‘n boek oor die onderwerp, R M Johnson se Why men fear Marriage onlangs raakgeloop. Daar is heelwat pitkos vir die jong meisie wat graag wil trou, sowel as vir die skrywer wat haar trou-sku helde wil verstaan. Dis nogal insiggewend.

Johnson lig vyf hoofredes uit oor hoekom mans die huwelik vermy:

  1. Die voorbeeld wat hulle om hulle sien:  Die egskeidingsyfer spreek vanself en boonop kla hulle kollegas, drinkebroers en rugbyvriende steen en been oor die strop om die nek – genoeg om enige man in sy broek te laat bewe as ‘n meisie net haar ooglede vir hom fladder.
  2. Geen vaderfiguur:  Baie kinders word by ‘n enkelma groot en sien nooit die liefdevolle verhouding tussen hul ouers as goeie voorbeeld nie. Hulle het dus feitlik geen verwysingsraamwerk van ‘n goeie huwelik nie.
  3. Die huwelik word as onbegeerlik bemark:  Daar word o.a. verwys na die huwelik as die bril wat jou gaan genees van die liefde wat blind is. Watter loslit vrygesel sien nou kans vir so ‘n slagyster? Seks is deesdae iets wat nie meer gesien word as iets wat slegs binne die huwelik hoort nie. Hoekom dan ‘n koei koop as jy melk in ‘n kartonnetjie by die kafee kan kry?
  4. Die enkelouer se invloed:  Geskeides of ongetroude ouers is dikwels bitter teenoor die ander ouer en deur honderde verskillende insidente en uitsprake deur een van die seun se ouers word hy van babadag af stadig maar seker teen die huwelik gedraai.
  5. Oorlewering:  Vroue skinder graag, maar mans hou weer ‘kajuitraad’. Hulle glo hulle deel hulle meerdere kennis met die jong manne deur hulle te waarsku in die hoop dat hulle nie dieselfde foute as hul voorgangers sal maak nie. In die proses laat hulle allerhande waarskuwingsligte in die jongeling se kop aangaan: “Bly weg van die strop om jou nek,” is die duidelike boodskap.

Eintlik wil die meeste jong mans, veral wanneer hulle reeds dertig verbygesteek het, graag die huwelik betree, maar wat keer hulle dan??

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s