Dieselfde storie oor en oor??

Romanseskrywers hoor soms die beskuldiging dat hul stories almal dieselfde is. Wat natuurlik nie waar is nie. Maar wat wel waar is, is dat daar ‘n aantal basiese stories is wat so goed werk dat dit oor en oor (op elke skrywer se unieke manier) vertel kan word. Hier is ‘n opsomming uit Writing a romance novel for dummies. Die rede vir hierdie basiese stories se sukses is volgens Leslie Wainger die feit dat hulle almal die bestanddele vir emosionele konflik bevat, iets wat onontbeerlik is vir ‘n goeie romanse.

  1. Geriefshuwelik
  2. Gestrand saam met ‘n vreemdeling
  3. Wegholbruid
  4. Geheime baba
  5. Reünie-romanse
  6. Terug uit die dood
  7. Verwarde identiteite
  8. Heldin verkeer in gevaar
  9. Die held met die baba
  10. Nog bekende temas:
    Werknemer en werkgewer
    Geheueverlies
    Maagdelike heldin
    Swanger heldin
    Op vlug
    Plaasseun en stadsmeisie

Dit is die groot uitdaging van die romanseskrywer: Om elke keer weer die storie NUUT en vars te vertel.

Advertisements

2 comments on “Dieselfde storie oor en oor??

  1. ‘n Leseres het eenkeer teenoor my genoem dat sy ‘n sekere skryfster se eerste drie boeke baie geniet het, maar na die vierde en vyfde een besef het haar verhale “klink” almal eenders – dit “lees” nie almal eenders nie. Ek vra toe wat presies sy bedoel. Haar antwoord was: Die verhale gaan almal oor die rabbedoe-meisie wat aanvanklik die held laat klippe kou en hom wil wys sy is baas en dan val sy vir hom. Die agtergrondtonele is net almal anders. Ek kon nie juis kommentaar lewer nie, want toe het ek nog nie van die werke gelees nie.
    Ek het daarna twee van die skryfster se verhale gelees, ek dink dit was haar sewende en negende boek, en dit was beslis nie daar die geval nie. So wat sê mens nou?

  2. Romanses is in ‘n sekere sin almal dieselfde, maar die uitdaging vir die skrywer lê daarin om die eendersheid in andersheid te omskep. Ons redakrtrise het eenmaal gesê die kuns lê daarin om buite die boks te dink, maar steeds binne die riglyne te bly! Lesers is dikwels onbewus van die riglyne en oordeel alte maklik ‘n skrywer se werk.

    Ons is veronderstel om heldinne te skep wat geëmansipeerde vroue is wat onafhanklik is, maar tog ‘n lewensmaat in die held vind. Dit kan sekerlik geïnterpreteer word as die rabbedoe wat telkens vir die held val. Hoe anders? Die skrywer moet die manier waarop sy vir die held val telkens afwissel. Dis maklik vir lesers wat nog nooit geskryf het nie, om te kritiseer. Elke skrywer wat al ooit ‘n romanse aangepak het, is dit eens dat dit baie moeiliker is as wat dit lyk!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s