Die ekonomie van woorde

‘n Leser het onlangs gekla: “Skrywers verveel my met lang verduidelikings en ‘n gewonder oor niks.” Dit klink vir my of hierdie leser vir die skrywer wil sê dat sy onnodig baie woorde gebruik om iets te sê wat sy in veel minder woorde dalk beter kan uitdruk.

Aspirantskrywers wonder weer dikwels hoe op aarde hulle ooit by daardie vereiste 45 000 of 75 000 woorde van ‘n manuskrip gaan uitkom. Dis wanneer jy die vetjies begin inbou om die manuskrip langer te kry en net daar trap jy in ‘n slagyster. Jy swig voor die versoeking om onnodig baie woorde te gebruik om te sê wat jy wil sê.

Diegene wat weet vertel dat ons tydens die eerste draft nie te veel aandag hieraan moet skenk nie, want dit kan die spontaniëteit van ons werk bederf. Later, wanneer jy jou werk redigeer, moet jy egter die snoeiskêr inlê en ontslae raak van daardie onnodig baie byvoeglike naamwoorde, lang beskrywings en ellelange gedagtemonoloë wat in elk geval net gebeure onnodiglik weer herhaal.

Jy moet ekonomies met woorde omgaan en tot die punt kom. Dan beweeg jou storie vinniger voort en laat jy die leser aanhou omblaai sonder om dit een maal te oorweeg om die boek neer te sit.

Is jy geneig om onekonomies met woorde te werk?

Advertisements

10 comments on “Die ekonomie van woorde

  1. Toe ek begin kortverhale skryf en hoor hoe spesifiek is HG oor die aantal woorde, het ek groot geskrik. Maar toe kom ek agter dit is net voordelig vir die storie as ‘n mens moet begin sny. Dis wanneer jy begin kyk waar kan jy minder woorde gebruik om dieselfde ding te sê, dat jy jou storie sterker maak.

  2. In ons poging om in ons karakters se koppe in te klim, is ons soms geneig om daardie lang gedagtemonoloë in te werk. Die leser is geneig om te soek vir dialoog en daardie lang wroeginge oor te slaan.

    Jy’s reg, Alta, ek moes onlangs ‘n manuskrip drasties sny en kon my oë nie glo toe ek sien hoe die storie voor my oë eintlik groei i.p.v. krimp nie!

    • Dieselfde het met my gebeur in die spanningsverhaal wat pas aanvaar is. Ek moes 9000 (!!!!) woorde inkrimp en dit was amper moeiliker as om gewig te verloor! Maar nou lees die storie sommer baie vinniger (dink ek?) Ek het veral gesny aan al die DATTE. Ek kan nie glo in hoeveel sinne mens DAT onnodig gebruik nie: Ek weet dat hy gaan kwaad wees / ek weet hy gaan kwaad wees. Hy het gesê dat hulle bietjie wil kuier / Hy het gesê hulle wil bietjie kuier.
      Wat het een bekende skrywer die oorvloed woorde genoem? Is dit nie woorddiarree nie? Ongelukkig is ons geneig om daaraan te lei.

  3. Hierdie is inderdaad ‘n uitdaging! Alles wat ons skryf moet ‘n ‘storiedoel’ dien. As jou beskrywing van die pragtige bloeisels en oulike katjies wat speel nie bydra tot karakterontwikkeling of storieontwikkeling nie, is dit oorbodig. En om die snoeisker te laat werk is ‘n geweldige uitdaging! Madelie, jy’s 100% reg: As ‘n leser, soek ek ook eerder dialoog as lang (vervelige) beskrywings.

  4. Dieselfde het met my onlangse verhaal wat aanvaar is gebeur. Ek moes sommige stukke uitsny en die redakteur se antwoord was: baie dankie, nou lees die verhaal sommer vlot en lekker. So leer mens maar elke keer iets by wat jou werk beter maak.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s