Die liefde: Dis Wetenskap én waansin (13)

RAAD:

Kyk mooi na jou huidige verhoudings asook na dié van die verlede. Wat is die ooreenkomste tussen hulle? Hoekom was jy in die eerste plek tot die persoon aangetrokke? As jy kan uitvind, sal jy dalk net jou bloudruk vir die liefde verstaan. Herken die patroon en moet jouself nie te kwaai kritiseer of veroordeel nie.

Onthou dat gesonde liefde onvoorwaardelik is. Sielkundiges sê mense wat die beste tot liefde in staat is moet hulself éérs liefhê. Liefde gebaseer op gedeelde ervarings eerder as halsoorkop, blinde liefde het ‘n beter kans op oorlewing.

Moet nie op kalwerliefde neersien nie want dis eintlik ‘n “neerhalende” beskrywing vir soms pynlike tienerliefde. Al het die Ierse dramaturg kalwerliefde as bestaande uit “’n tikkie dwaasheid en hope nuuskierigheid” beskryf.

Daar is geen waarborg vir ewigdurende liefde nie en eerste liefdes is byna almal kortstondig van aard, selfs al is dit emosioneel intens.

En as jy dan helaas, vir vakansieromanses vatbaar is, probeer om nie ’n Loskopdolla te wees nie en hou jou voete stewig op die sand.

En was jy dalk voorheen teen jou beterwete wel ’n slagoffer van ’n hemelse maar kortstondige vakansieromanse, maak aanstaande jaar één klein aanpassinkie. Vergeet  van Somer, Son en Sangria en oorweeg ’n vakansie  met Somer, Son en Museums!

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s