Hoe gee ek my storie interessante kinkels?

Nadat jy ‘n hele aantal boeke publiseer het, raak jou idees ‘n bietjie dun om die lyf. Dis wanneer jy alles moet uithaal om kreatief te bly. Ek het net gister hierdie oulike idee in een van Holly Lisle se boeke oor skryf raakgelees:

Maak vir jou ‘n lêer vol van brokkies wat jou kreatiewe sappies weer aan die gang sal kry: Tydskrifartikels, enigiets vanaf die internet wat jou oog vang, advertensies, aanhalings, prentjies … jy kry seker die idee. Dit hoef nie enigsins iets met jou storie te doen te hê nie. Dis juis daardie aweregse iets wat jou storie ‘n interessante kinkel kan gee. Oorweeg elkeen en dink of dit dalk ‘n gebeurtenis of ‘n onderwerp van bespreking in jou boek kan wees. Gebruik dit soos mens speserye by kos gooi: ‘n bietjie van dit, ‘n knypie van daardie en ‘n skeutjie van nog iets net vir die lekkerte … h’mm … my brein werk alreeds in hoogste rat!

Wanneer jou muse weer wegkruip, ruk jou idee-lêer uit en siedaar!

Wat dink julle hiervan?

Advertisements

One comment on “Hoe gee ek my storie interessante kinkels?

  1. Dis ‘n wonderlike idee! Ek het op ‘n stadium ‘n paar artikels bymekaargemaak vir ‘n storie, almal te doen met interessante plekke vir ‘n afspraak of ‘n verrassing vir jou geliefde. 10-moet-doen-dinge of 10 moet-sien-plekke. Maar ek het weer daarvan vergeet. Ek gaan dit dadelik uithaal en herlees. Al gebruik mens hulle nie net so nie, kan mens dit as inspirasie gebruik.
    Ek het ook al die lirieke van liedjies gebruik, musiekvideos, televisieadvertensies en foto-artikels in die Weg-tydskrif.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s