Kan ‘n mislukte manuskrip ‘n goeie ding wees?

Ons het gesels oor ons vrees vir mislukkig, maar wat nou as dit werklik gebeur? Wat doen jy as jou manuskrip weggewys word, of heeltemal uitmekaar getrek word deur kritici?

Wanneer jy op die golf van sukses ry, loop jy gevaar om te vol selfvertroue te raak en dis moontlik dat jy dan nie werklik meer jou beste probeer nie. Jy oorweeg nie meer elke woord en elke aksie van jou karakters soos jy moet nie. Of jy raak oorversigtig en wil alles perfek hê en voor jy jou kom kry, is die spontaniëteit uit jou werk uit.

‘n Mislukking kan jou terugbring aarde toe en kan jou dwing om jou gekose pad te bevraagteken en te heroorweeg. Daardie heroorweging kan dalk ‘n positiewe draaipunt in jou kreatiewe werk wees.

Dink jy ook dat ‘n mislukking of twee goed kan wees vir ‘n skrywer?

Advertisements

7 comments on “Kan ‘n mislukte manuskrip ‘n goeie ding wees?

  1. Natuurlik pluk dit mos al die verkeerde hartsnare wanneer mens se werk uitmekaar getrek of sommer net afgekeur word. Mens is maar net mens en klaar. Wanneer jy afgekoel het, gaan jy tog daardie kritiek letter vir letter na en dan besluit jy vir jouself: die werk is nie die moeite werd om oor te doen nie…. of jy gaan dit probeer verbeter en weer probeer.
    Daar is al vir my gesê indien jou werk by een uitgewer weggewys word, moet dit nie afskryf alvorens jy nie nog ‘n uitgewer se opinie daaroor het nie. Maar ja, ek reken so nou en dan kan ‘n mislukte manuskrip ‘n skrywer dalk tot nadenke bring, veral as dit iemand is wat redelik geslaagd in sy/hy manuskripte tot sover was. Pasop ook maar wanneer ‘n leser laat deurskemer dat haar/sy manuskripte deesdae almal eenders klink – dan moet jy ook weet die skrif is aan die muur.

    • Ek wonder dikwels of my stories, of dan my held/heldinne nie almal eenders lyk/klink nie. Maar watter lesers sal die moeite doen om mens te sê as jy so eenselwig en vervelig raak? Ek sal regtig dankbaar wees vir terugvoer wanneer dit gebeur (of as dit reeds gebeur het!)

  2. Ek dink dit kan ‘n goeie ding wees, al is die ervaring hoe erg. Soms het ons nodig om net weer oor die kwaliteit van ons skryfwerk te besin. Ek sien kritiek as ‘n proses wat my help om ‘n beter skrywer te word.

  3. Dalk is die grootste nut van ‘n mislukte ms die feit dat ‘n skrywer kan agterkom dis verskriklik – maar ‘n mens kan dit oorleef! M.a.w. dan hoef jy in die vervolg nie meer so vreeslik bang te wees daarvoor nie. (Ek het al gehoor mense wat ‘n near death experience gehad het of ‘n vreeslike trauma oorleef het, sê hulle sal nooit weer dieselfde vrees vir die dood hê nie. Nie dat ek darem die mislukking van ‘n ms heeltemal met ‘n near death experience wil vergelyk nie!)

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s