Vrees vir mislukking

Ons kry so dikwels noodroepe van aspirantskrywers wat begin met die woorde: “Ek weet nie of my werk goed genoeg is nie …” ‘n Vrees vir mislukking is seker die een vrees wat feitlik elke mens mee worstel. Vandat jy baie klein is, word jy beloon as jy goed doen en bestraf indien nie. Almal van ons soek die beloning en vrees die bestraffing. Hier op hierdie einste blog hoor ons daagliks skrywers melding maak van daardie gevreesde verslag van die redakteur of resensent. Die enigste manier om daardie vrees te oorkom, is om rondom dit , dwarsdeur dit en bo-oor dit te gaan en die kans te waag. Soms moet jy dit onderdeur spring ook. Komaan, waag daai kans, skryf daardie boek wat lankal in jou kop broei en STUUR DIT IN vir ‘n uitgewer of daardie kompetisie met die lekker prysgeld wat in die koerant was. Wie nie waag nie …

Advertisements

12 comments on “Vrees vir mislukking

  1. Eienaardig dat ek dit nou net mooi vandag hier lees, Madelie. Ek het net gister met ‘n vrou gepraat – verlangs familie – wat erken dat sy drie voltooide manuskripte iewers diep in ‘n kas gesit het, te bang om dit in te stuur en dan goor kritiek te kry. Ek het vir haar gesê dat sy dit moet instuur en as sy wel nie goeie kritiek kry nie, dit so aanvaar al is dit moeilik en nie lekker nie. MAAR toe sê ek ook, wat nou as hul van jou storie hou en jy net veranderings moet aanbring? Gaan jy nie dan bly wees dat jy dit gewaag het nie? Sy het gesê sy sal daaroor dink, maar ek hoor steeds die huiwering in haar stem.

  2. Ek kan nou maar net praat oor vir die blog skryf. Veral in die begin het ek verskriklik blootgestel gevoel. Dis seker maar hoe boekskrywers ook voel. Sê nou maar iemand dink jy is simpel? Of hulle dink jy is voorbarig? Of wat hulle ook al dink? Soos jy sê, dit is maar vrees vir mislukking!

  3. Vrees vir mislukking en verwerping sal daar seker altyd wees. Ek dink net die besoekers aan ‘n blog wat handel oor ontwikkeling van skrywers, sit almal met dieselfde vrese en probleme. Daarom sal hulle begrip hê vir jou gevoelens. As iemand dink jy het iets simpel kwytgeraak, is dit sy mening of probleem en gaan hy/sy dit hopelik nie hier sê nie. En as jy nie sê of vra of waag nie, leer mens ook nie. Dit onthou ons tog almal uit ons skooldae. As jy die een in die klas was wat te skaam was om te vra, was jy maar alte dankbaar wanneer ‘n ander dapperder muis die vrawerk gedoen het!

  4. Ek stem saam met julle – ons sal nooit suksesvol wees as ons niks probeer nie! My gesindheid is dat daar nie mislukking is nie, net terugvoering. As ek ‘n groot flop maak, weet ek volgende keer hoe om die NIE te doen nie. En dit is amper net so ‘n waardevolle les soos ‘n hoe-om-dit-te-doen les. Maar daardie eerste stap bly maar altyd die moeilikste…

  5. Julle, ek kan uit dure ondervinding praat!
    Het mos ook gedink ek weet presier hoe om ‘n lekker storie op papier te sit, WANT … ek lees al liefdesverhale vandat ek kan onthou!
    MAAR toe word ek hard aarde toe gebring toe my manuskrip terugkom.
    Deur die wonderlike leiding deur ‘n vrou wat weet, voel dit vir my ek het weer gaan swot!
    Nou weet ek ten minste wat van my verwag word in die spesifieke genre waar in ek graag wil skryf!
    So! HOERA! vir die kritikusse! Jy kom definitief ‘n baie beter mens aan die anderkant uit!
    Vir my was dit heerlik so op my ou dag!
    Ek is nog steeds besig met my maniskrup. Glo my, party dae gaan dit maar sukkel-sukkel.
    Maar dan kry ek ‘n goeie storielyn en dan vloei die woorde weer!
    Baie dankie vir julle wonderlike leiding!
    Dankie dat julle van julle kosbare skryftyd afknyp om vir ons leke te help!
    Dit word opreg waardeer!

  6. Eerste fout wat ek gemaak het, was om nie te gaan kyk wat die vereistes van die romanza boekies is nie. Ek sit met een hengse probleem. Paul en Lelanie is al familie by my. Ek wil nie graag gaan peuter aan my boek deur sekere goed uit te haal nie. Aan die anderkant is dit nog die beste idee ooit wat ek gehad het. Ek is bang as ek Paul se gedagtes uithaal dat my storie lyn sal moet verander, aangesien hy die storie in ‘n rigting lei. Wat nou? Ek wil graag getrou by romanza bly.

  7. En ongelukkig sal jy maar ‘getrou’ moet bly, Gert. Dit hang natuurlik af wat dit is wat jy verkeerd gedoen het. Dalk is dit nie so erg nie. Maar as dit heeltemal afwyk van die vereistes, sal jy maar moet moord pleeg. Ons praat in skrywerstaal van “you have to kill your darlings”. Dis nou wanneer jy jou harde werk moet delete of goeters waarop jy baie trots is, moet uithaal omdat dit nie reg is nie. Watter van die vereistes het jy nie nagekom nie?

    • Wel,ek het nie by Lelanie se oogpunt bly nie. In sekere hoofstukke sit Paul en tob oor hoe om haar hart te wen. My oorspronklike idee van die boek was sodat dames kan sien watter seine hulle verkeerd by mans lees. Ek het gou gaan rondvroetel met die manuskrip, ek dink ek kan hulle red. Maar ek sal moet plan maak sodat dit meer misterie veroorsaak. Want sonder sy gedagtes is hierdie darem een misluke man wat ek sommer op sy marmerrie sal skop as ek nie geweet het wat in sy kop aan gaan nie. My lettergrootte en “margins”is ook verkeerd, maar dit is niks om reg te maak nie. Dalk moet ek Paul heeltemal oorskryf. Lelanie bly soos sy is, ek is klaar verlief op haar.

      • Sterkte met die aanpassing van jou manuskrip. Miskien is die nie so ‘n drastiese verandering wanneer jy eers aan die gang is nie. En as jy op jou heldin verlief is, dan is die stryd reeds halfpad gewen.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s