Alles net ‘n misverstand?

‘n Mens hoor soms die beskuldiging dat die spanning in romanses hoofsaaklik bestaan uit (belaglike) misverstande tussen die held en heldin. Die implikasie is dalk dat sulke simpel misverstande net deur dommerige skrywers vir dommerige lesers uitgedink kan word.
Lank gelede mag dit dalk so gewees het – ek weet nie. Vandag staan ons gelukkig nie meer daar nie. Vandag se romanseskrywer weet sy moet dit nooit waag om haar leser te onderskat nie. En nog minder haar karakters.
Een of ander vorm van konflik is nodig om die spanning deur die verhaal vol te hou. Konflik kan van binne of van buite kom. Dié wat binne die karakters geleë is, is meestal die mees oortuigendste. Maar daar is tog ook in die alledaagse lewe dinge wat van buite af inwerk op verhoudings.
En almal wat al verlief was, weet ook hoe maklik ‘n misverstand kan ontstaan … Maar die hele storie net een lang misverstand? Nee, beslis nie! Die moderne romanse het veel, veel meer om die lyf.

Advertisements

One comment on “Alles net ‘n misverstand?

  1. Ek voel as leser behoorlik verneuk as ‘n hele boek op ‘n misverstand gebasseer is.

    Konflik moet in elke liewe toneel in die een of ander vorm teenwoordig wees. Daar moet altyd twee magte wees wat teen mekaar werk, al is dit die innerlike konflik in die karakter se kop. As daar geen konflik in ‘n toneel is nie, moet jy hom uitgooi!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s