Vir wie skryf ek?

Geen skrywer kan ‘n woord op papier sit voordat jy nie doodseker gemaak het dat jy weet wie jou boek gaan lees nie. Jy moet weet vir wie jy skryf om te kan weet hoe om jou storie aan te bied.

Romanselesers is geensins meer net die verveelde huisvroue soos dikwels geïnsinueer word nie. Die romanseleser is ‘n intelligente vrou (of man) wat presies weet wat sy/hy tussen die bladsye van ‘n boek soek. Hulle standaarde is hoog en hulle verwag om nie net vermaak te word deur wat jy skryf nie, maar ook om uit hul alledaagse lewens weggevoer te word na ‘n plek waar geluk en liefde en ‘n gelukkige einde ‘n gegewe is.

Hulle verwag ook ‘n interessante, unieke storielyn wat goed deurdink is. Die suksesvolle romanseskrywer kan buite die boks dink, maar steeds binne die parameters van die romanse bly.

A tall order? Jip!

Moet nooit jou leser onderskat nie. Sy kan ‘n mediese dokter, ‘n advokaat of selfs ‘n professor in wiskunde wees. Mense uit alle lae van die samelewing lees romanses. Of dit nou ‘n tienermeisie of ‘n negentigjarige in ‘n ouetehuis is wat jou boek optel, sy weet wat sy in daardie boek wil sien en jy gaan haar nie ‘n rat voor die oë draai nie.

Doen dus deeglike navorsing en beplan ‘n storie wat enigeen se aandag gaan vasvang en behou tot op die laaste bladsy!!

Advertisements

One comment on “Vir wie skryf ek?

  1. Soos jy sê, dit is ‘n tall order, maar as jy wil hê die mense moet jou volgende en die daaropvolgende skryfsels lees, moet jy ten minste probeer om daardie tall order ernstig op te neem.
    Ek het by twee geleenthede ‘n feite-fout in twee van my boeke gemaak, en ek kan my sterre dank dat lesers agter die storie aan gelees het en nie sodanig die feite nie. Ek het in spanning gewag vir kommentaar. Ek sal nooit weet of iemand dit agtergekom het en maar “ordentlikheidshalwe” daaroor geswyg het of nie. Tog het dit my ontstel omdat ek so iets laat deurglip het en is sedertdien ekstra versigtig vir so iets.
    Navorsing is beslis belangrik, hou dus jou feite in orde.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s