Die liefde: Dis wetenskap én waansin (9)

KITSLIEFDE:

Vakansieromanses, wat ook al vakansieliefde sindroom genoem is, het weens verstaanbare redes nie ’n goeie reputasie nie en elke Desembervakansie breek duisende harte saam met die blou branders.

Ongelukkig hou jou brein en gesonde oordeel ook vakansie as daardie hartebreker Bay Watch menseredder met sy netjiese agterstewe goddelik  uit die see verrys en dan maak dit nie saak dat hy sand tussen sy ore het en van die verkeerde kant van die oseaan kom nie.

Gedurende vakansies verslap jou waaksaamheid en jy is meer ontspanne, ontvanklik, avontuurlustig en selfs ’n tikkie roekeloos. Die stresvolste besluit wat jy waarskynlik moet neem is  watter sonbrandolie om te kies.

Maar pasop! Jy is weg van jou daaglikse dodelike roetine in Bloemfontein of Benoni en jy het tyd om te fantaseer en te romantiseer.

En as jy dan niks van die vakansieliefde hoor nie, is dit onwaarskynlik dat hy haaikos geword het.

Die liefde het eenvoudig saam met die sonstrepies vervaag. Dit was maar net vakansieromanse.

Sug.

Carla van der Spuy

Advertisements

One comment on “Die liefde: Dis wetenskap én waansin (9)

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s