Verlief in ‘n vakuum?

Onlangs lees ek van iemand wat sê in romanses raak die karakters binne ‘n vakuum op mekaar verlief. Wat my ‘n bietjie aan die dink gesit het. Is dit so? Moet dit so wees?
My gevolgtrekking is dat dit ‘n foutiewe stelling is – met ‘n stukkie waarheid daarin versteek. No man is an island … Niemand kan in ‘n vakuum bestaan nie. Elke mens leef tussen mense, word beinvloed deur mense, beinvloed op sy beurt weer ander mense. So ook binne die romanse. Daar is altyd ander mense ook in die storie betrokke.
Die stukkie waarheid in die stelling is dat die ontwikkeling van die verhouding die fokuspunt in ‘n romanse is. ‘n Leser wat nie die genre verstaan nie, kan dit dalk sien as al waaruit die verhaal bestaan. Die ander karakters mag in ‘n romanse nooit die hoofkarakters oorskadu nie, hulle probleme of vreugdes mag nie die aandag wegtrek van die ontwikkeling van die liefdesverhouding nie.
Dit is dus bloot ‘n geval van fokus.

Advertisements

5 comments on “Verlief in ‘n vakuum?

  1. Ek stem met jou saam, Marile. Die persoon wat die stelling gemaak het, verstaan beslis nie die genre nie. Die grootste uitdaging vir die romanseskrywer lê juis daarin dat die hele verhaal om die ontwikkellende liefdesverhouding moet draai en dat die agtergrond en die newekarakters slegs as hulpmiddel dien om die verhouding te laat gedy. Dit mag eenvoudig nie die kalklig van die verliefde paartjie af wegsteel nie.

    Dit mag dus vir daardie leser as kunsmatig voorkom, maar dit werk en dit laat ons lesers van hul eie probleme ontsnap vir ‘n rukkie.

  2. Dis waar van die romanse, ja. Maar as mens mooi dink, is dit ook waar van die werklikheid. Wanneer ‘n paartjie in die VERLIEF-stadium is, is hulle blind vir alles en almal om hulle behalwe vir DIE EEN. Hulle gaan deur die aksies en leef wel hul lewens tussen ander, maar al waaraan hulle dink en waarvan hulle praat, is die geliefde. Of het ek al bietjie vergeet.

      • Ek het net gister ‘n heerlike romanse gelees waar die tweetjies hulle so absoluut van alles kon afsluit en behoorlik in mekaar ‘ingeklim’ het! Wat my aanbetref, was dit deel van daardie storie se sukses. Die skrywer het daardie absolute fokus op mekaar van die verliefdes baie geslaagd uitgebeeld.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s