Die liefde: Dis wetenskap én waansin (8)

SIMPTOME:

Van die simptome van verliefdheid kan soms meer sigbaar vir ander as vir die verliefde self wees, soos om so aanhoudend oor die geliefde te praat dat jy almal om jou skoon laat sug.

Sekere emosionele en fisieke simptome sal egter toon dat die verliefde homself op “’n glibberige liefdesafgrond” bevind soos bv. ’n bonsende hart , knieë wat jou letterlik lam maak en ’n tongknoop gestotter a la Hugh Grant-styl, die akteur wat immer as die onbeholpe romantiese held in chick flicks uitgebeeld word. Andersinds is jy dalk so sprakeloos dat jy net verlangend in jou verliefde se oë tuur.

Verliefdheid kan soveel tyd van die “slagoffer” se gedagtes in beslag neem en  jou fantasieë sodanig oorheers dat dit selfs toenemend moeilik raak om alledaagse take uit te voer.

SIEK OF V ERLIEF?

Maar die liefde kan erger dinge aan jou doen. Jy kan siek of selfs waansinnig word. Vandaar die raak beskrywing “mal verlief.”

Mnr Henk Swanepoel, ‘n kliniese sielkundige van Pretoria sê histories is liefdesiekte (love sickness) as ’n korttermyn geestessiekte beskou wat deur intense veranderinge veroorsaak word.

Van die simptome wat hiermee verbind word sluit die volgende in:

Manie of hipermanie – soos ’n beter bui, opgeblase selfbeeld en die oordadige gee van geskenke

Depressie, tranerigheid, slapeloosheid, verlies van konsentrasie

Anoreksie – gebrek aan eetlus

Sielkundig geskepte fisiologiese simptome soos ’n omgekrapte maag, verandering in eetlus, lighoofdigheid en verwarring

Stres – hoë bloeddruk, bors- en hartpyn en akute slaaploosheid

Obsessiewe-kompulsiewe gemoedsversteuring,  n.a.v. breinskanderings wat bevind het  dat die serotonienvlakke van verliefdes net so laag is as dié van mense wat aan hierdie gemoedsversteuring ly.

Carla van der Spuy

Advertisements

One comment on “Die liefde: Dis wetenskap én waansin (8)

  1. whatever, dis tog iddillies om verlief te wees, maak nie saak of dit jou hormone of jou kop omkrap……..dit blaas jou ‘n toekoms en kikker jou gesondheid op en maak jou beslis jonger……..so, hormoon dit en geniet dit, dis voorloper tot groot dinge

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s