Dagboek van ‘n romanseskrywer (12)

Die wag word lank. Jy probeer hard om nie bewustelik te wag nie. Maar dit werk nie heeltemal nie. Jy begin droom van daardie brief van die uitgewer. Dis nie aangename drome nie …
Ek dink elke skrywer wonder op ‘n stadium wanneer hy dit kan waag om oor sy manuskrip navraag te doen by die uitgewer. (Philip de Vos het vertel hoe hy na ‘n jaar vir die uitgewer ‘n verjaardagkaartjie met ‘n groot EEN gestuur het!). My persoonlike mening is dat ‘n mens maar so lank as moontlik moet uithou voor jy begin vra. Die rede is eenvoudig dat uitgewers besige mense is en dat hulle met baie skrywers op een slag werk.
Wanneer ‘n mens wel vra, verkies ek om dit per e-pos te doen. Dan kan die persoon dit lees, daaroor dink en beantwoord wanneer hy tyd het.  ‘n Telefoonoproep maak inbreuk op die ontvanger se dag en die persoon wat bel weet nie of dit ‘n slegte of goeie tyd is nie.
Die heel beste raad vir die wagtyd? Ons weet dit al, maar natuurlik is dit nie so maklik nie. Ek herhaal dus maar (vir myself sowel as vir die leser) – werk solank aan ‘n nuwe storie!

Advertisements

One comment on “Dagboek van ‘n romanseskrywer (12)

  1. Die wag is allerverskrikliks. EN hoe later, hoe kwater. Gewoonlik is ek op my produktiefste net nadat ek ‘n manuskrip weggestuur het. Hoe langer die uitgewer se antwoord wegbly, hoe meer twyfel ek aan my eie vermoë. Gelukkig het ek nog elke keer van hulle gehoor voor ek my heeltemal oorgee aan die depressie (en voor die storie waarmee ek besig is, doodloop of ek my polse afkou). Wanneer daardie brief kom wat sê ‘ons aanvaar die manuskrip,’ (selfs as dit ook sê hulle stel die volgende veranderings voor) dan skryf ek EERS lekker. Dis byna soos ‘n dwelm, vrees ek. Mens wil dit elke keer NET NOG EENKEER VOEL …

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s