Daardie eerste vyf bladsye

Ons het al gesels oor waar om te begin, maar gister kry ons weer ‘n vraag oor begin skryf en hierdie leser vra: “Maar hoe begin ek?”

Ek antwoord toe ewe vinnig dat dit so goed is as om vir ‘n vlieënier te vra: “Hoe vlieg mens ‘n Boeing?” Ongeskik, nè?

Ek gaan nietemin probeer om kortliks oor die begin van ‘n boek te praat sonder om ‘n hele vliegles te probeer gee.  Jou eerste sin, eerste paragraaf, eerste hoofstuk moet jou lesers intrek en dit moet die verhaal opstel. Met ‘opstel’ bedoel ek net genoeg agtergrond gee sodat die leser kan weet waar dit afspeel, wie die karakters is, wat aangaan en hulle behoorlik nuuskierig maak oor wat hul moontlik verder kan verwag.

Eerste sin: Op engels praat ons van ‘n ‘hook’, want die eerste sin moet die leser so vasvang, dat sy nie die boek kan neersit voordat hy klaar is nie. Dit moet ‘n stelling maak of ‘n vraag vra wat die leser sal laat aanhou lees. Lees gerus meer oor sulke ‘hooks’ soos bespreek in die artikel ‘Lokval vir ‘n Leser’ onder ‘Artikels’

Waar begin ek?: Die storie moet midde-in ‘n toneel begin. Die karakters moet alreeds aan die gang wees met dit waarvoor hulle daar is. Natuurbeskrywings en mymeringe oor die verlede is uit, want die aksie moet begin. Dinge moet gebeur!

Agtergrond: Baie skrywers trap in die slaggat om eers die agtergrond van die verhaal te wil skets – dit is gewoonlik vervelig en die leser sit die boek neer. Agtergrondinligting kan stukkie vir stukkie later deurgegee word soos die leser nodig het om die dinge te weet.

Raad aan nuwe skrywers: Doen jou beplanning, gaan sit op jou agterent en skryf. Die eerste poging hoef nie perfek te wees nie. Hoe sal jy ooit weet of jy kan, as jy nie regtig probeer het nie? VASBYT!!

Advertisements

One comment on “Daardie eerste vyf bladsye

  1. Ek kan nog my eerste storie-poging se eerste deel (nie hoofstuk nie) baie goed onthou. Ek het hom letterlik oor en oor beleef en gedroom en gesien voor ek dit op ‘papier’ begin sit het. En hoewel die boek op die ou end nie by daardie toneel begin het nie, het ek die hele toneel woordeliks later in die storie gebruik. Dus: al verander jy later jou volgorde van gebeure sal dié stuk waarin jy jou siel gesit het, wel iewers nuttig gebruik kan word.
    Beplan dus gerus. Maar begin skryf/tik, want om die woorde op die wit skerm te sien, is anders as om dit in jou kop/verbeelding te sê/hoor. Jy kan altyd later copy en paste en rondskuif (gesoute skrywers doen dit ook!)
    Sterkte aan die beginners.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s