Is talent alleen genoeg?

Ek het eendag iewers gelees dat talent soos ‘n wilde perd is – pragtig en propvol potensiaal.  Om te voorkom dat die wilde perd net doelloos in die veld bly rondhardloop, het hy ‘n halter en ‘n toom nodig en hy moet  ingebreek word, voordat die ruiter hom in ‘n doelbewuste rigting kan stuur en hy van enige nut vir enigiemand kan wees.

Talent is slegs dit: potensiaal. Daardie vaardigheid waarvoor die skrywer die talent gekry het, moet ingeoefen en verfyn word om ten volle te kan ontwikkel. ‘n Skrywer het talent nodig, ja, maar dis nie al wat nodig is om ‘n suksesvolle boek te kan produseer nie. Die skrywer moet haar kunsvorm bestudeer en herhaaldelik inoefen om daardie talent te slyp en te ontwikkel. Ek het al gehoor dat skryfsukses uit 1% talent en 99% harde werk bestaan en het dit beslis self ervaar.

‘n Skrywer wat sê hy het nie nodig om ander skrywers se werk of boeke oor die skryfkuns te bestudeer nie, is nie baie slim nie. Hoekom die wiel van voor af probeer ontwerp as jy net op ou kennis kan terugval en voortbou daarop?

Advertisements

3 comments on “Is talent alleen genoeg?

  1. Beslis ‘n waar woord. Dis miskien hoekom mens na 15 jaar se skryf nog steeds onseker is wanneer jy jou nuutste manuskrip instuur. Namate jy as skrywer ontwikkel en groei, verander jou eie standaarde vir jou skryfwerk. Mens kan nooit agteroorsit en dink nou is jy ‘gemaak’ nie. Ai, dis harde werk, maar ook lekkerrrr!

  2. Ongelukkig is talent glad nie genoeg nie. Ek hou baie van jou analogie oor die wilde perde, Madelie. Dit is presies so. Ek het al 8 boeke en tallelose artikels geskryf en elke keer leer ek iets. Hopelik sal ek nooit ophou leer en my skryfkuns verbeter nie.
    Ek dink talent is nodig vir ‘n vars storie, interessante karakters, dinamiese dialoog en daardie spesiale ‘iets’ wat die boek anders maak. Maar… aangeleerde vaardigheid is nodig om dit alles aanmekaar te sit in ‘n vorm wat dit onmoontlik maak vir die leser om die boek neer te sit.
    Ons het almal al boeke gelees (of flieks gekyk) wat regtig fantastiese potensiaal gehad het (die storie, karakters, ens). Selfs al het dit al die ideale elemente van ‘n groot sukses gehad, het dit net nie gewerk nie. En dit is wanneer talent nie geslyp en ontwikkel is om al die elemente saam te bring in ‘n samehangende sukses nie.

  3. Prof Hans du Plessis sê ‘n mens kan nie iemand leer SKRYF nie, maar wel leer REDIGEER. Ek verstaan dit as dat iemand talent moet hê om te kan (en wil) skryf, m.a.w. die rowwe eerste weergawe te kan skep. Ek dink daarna kom die proses van die mak maak van die wilde perd.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s