Die liefde: Dis wetenskap én waansin (7)

LIEFDESIKLUS, LIEFDE EN VERLIEFDHEID:

Oor die liefdesfases  sê Craig verliefdheid is ’n illusie wat maar tussen een en twee jaar lank hou.

Gedurende die eerste fase van verliefdheid is ’n mens dus  nie toerekeningsvatbaar nie en “hoog” op ’n dwelm , sê Craig.

“Dan  kom jy later soos die geval in die Griekse mitologie met die God Eros en nimf Psyche agter, dat ware liefde eers begin wanneer romantiese liefde ’n werklikheid word.”

Ná die verliefdheidfase volg die “transito” fase wanneer die werklikheid getoets word en hier kan sekere dinge soos verveling en frustrasie, ontnugtering en konflik begin kop uitsteek – of die verliefdheid kan in ’n vrienskapsliefde verander wat ’n stabieler en meer gebalanseerde fase is wat deur respek, vertroue en gedeelde tyd gekenmerk word.

En dan kom die uitdaging soos beskryf in “Mating in Captivity” om weer die eros en sensuele en seksuele opwinding te behou wat ‘skielik’ verdwyn wanneer verliefdheid taan.

Natuurlik kom die hormone testosteroon (ai!) by die man en oksitosien by die vrou ook ter sprake. Sy wil getroetel en gedruk word en vir hom omgee,  maar vir hom gaan dit oor die jag! “As die bokkie gevang is is die opwinding skielik baie minder.”

Carla van der Spuy

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s