Die liefde: Dis wetenskap én waansin (6)

TYDSDUUR:

Onlangse navorsing het bevind dat dit slegs ’n vyfde van ’n sekonde duur om verlief te raak maar sommige sielkundiges meen dit duur tussen 90 sekondes en 4 minute om te besluit of jy ’n ogie op iemand het.

Hierin vertolk lyftaal 55%, stemtoon en die snelheid waarteen jy praat 38% en dit wat jy sê slegs 7%.

Party wetenskaplikes glo dat ’n mens se liggaam ná ’n tydperk van tussen 18 maande en 4 jaar aan die liefdestimulante gewoond raak. En dan koel  passievolle romanse af na ’n tydperk wat Helen Fisher, skrywer van Anatomy of Love “attachment” noem. In hierdie fase van die verhouding vervaar die brein aldus Fisher endorfiene wat die brein kalmeer en angs verminder.

Maar in die vierde huweliksjaar verloor die  aanvanklike “hoog” van verliefdheid  sy chemiese onderstrominge, sê Charles Panati in sy boek Sexy Origins and Intimate Things.

Vergeet dus van die Seven Year Itch!

Party wetenskaplikes skryf dit ook aan die geboortebeperkingspil toe, want gewysigde hormone mors glo met die natuur. Sy hou van hom as sy op die Pil is, maar as sy dit los is hy Mnr Verkeerd.

Carla van der Spuy

Advertisements

2 comments on “Die liefde: Dis wetenskap én waansin (6)

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s