Die liefde: Dis wetenskap én waansin (5)

VERLIEFDHEID IS HIPNOSE:
Die Jungiaanse beskouing is dat elkeen die vervulling van hul behoeftes projekteer op iemand (‘n geliefde) wat hom of haar volkome gaan aanvul – die afwesige “ander helfte” van die self. Vir die man is dit die anima, en vir die vrou die animus – die veridealiseerde beeld van die self, sê Grové. “Wanneer jy verlief is, is jy in ‘n soort hipnotiese toestand en sien alles wat jy wil sien. Die sintuie word deur die gene en hormone opgeskerp en jou hele liggaam en siel werk saam om al jou diepste behoeftes te bevredig. Jy herhaal oor en oor frases oor die liefde in jou kop, of sê dit vir ander, wat die persepsie nog meer werklik maak. “Ek is mal oor hom” en“As ek vir ewig by hom kan wees, sal ek gelukkig wees”. “Hierdie herhalings van frases wat jy graag wil glo, wat sin gee aan jou lewe, jou gelukkig gaan maak en wat alles sal beter maak is pure hipnose, sê sy.
Carla van der Spuy

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s