Sonder konflik is daar nie ‘n storie nie

Konflik is die brandstof wat aksie en reaksie veroorsaak en die storie laat gebeur. Daar moet verandering plaasvind tydens die verloop van die verhaal, anders gaan die leser baie gou die boek neersit.

In die romanse is dit die liefdesverhouding wat ontwikkel en groei. In die liefdesroman is dit die reis wat die heldin neem na ‘n ander plek in haar lewe en langs die pad groei en ontwikkel sy in die verhoudinge met die mense om haar.

Dit kan nie gebeur sonder konflik nie. Hetsy dit innerlike konflik is waarmee die karakter worstel of konflik met die mense om haar en die dinge wat in haar lewe gebeur, konflik is essensieel om die storie voort te dryf.

Wanneer die skrywer dus haar storie beplan, is konflik die heel belangrikste bestanddeel wat sy moet inbou, anders sal die storie soos ‘n brood sonder suurdeeg platval.

Ons verwys weereens die beginnerskrywer na die boeke oor die skryfkuns wat ons aanbeveel en ons vra ervare skrywers om te vertel hoe hulle te werk gaan om konflik in hul stories in te bou.

Advertisements

4 comments on “Sonder konflik is daar nie ‘n storie nie

  1. Konflik kan innerlik (dinge soos persoonlikheids- of opvoedingsverskille tussen karakters) of uiterlik (bv. misverstande of kommunikasiegapings) wees. Ek het nie ‘n bron byderhand om my mening te staaf nie, maar ek dink hoe meer innerlike konflik daar is, hoe sterker kan die storie word. Te veel uiterlike konflik kan weer ‘n storie skade aandoen. Ek vermoed vir ‘n LR is innerlike konflik nog belangriker as vir ‘n romanse.
    Wat sê julle?

    • Ek dink jy slaan die spyker so op die kop, Marile. In die romanse gaan dit meer oor konflik tussen die held en heldin, want dit gaan immers oor die ontwikkelende verhouding tussen die twee.

      Eksterne konflik wat meestal deur gebeure, omstandighede en ander mense in die storie veroorsaak word, kom seker in alle genres voor, maar word meer in die spanningsroman gebruik waar daar ‘n sterk antagonis is en waar daar heelwat gesteun word op aksie, nie waar nie?

  2. Ek stem 100% saam met julle. In Romanzas, soos ons skryf, is die konflik eerder gefokus op die held en heldin, en die redes hoekom hulle net nie vinnig genoeg by mekaar kan uitkom nie. Dit is daardie spanningslyn wat die leser tussen die bladsye hou. Ons werk (wat nie maklik is nie) is om die konflik interessant en gemotiveerd te hou, en nie toe te laat dat dit verslap in die middel van die boek nie.
    Dit is in enkeltitels en spannigsromanse wat die fokus op eksterne konflik ook is. Dit is net soos jy se, Madelie. Dit is die gebeure en die ander karakters wat dan ook bydra tot die spanning, maar in onse Romanzas is die konflik meeste van die tyd tussen ons twee hoofkarakters.

    Hoe werk julle twee die konflik in?

    Ek beplan dit vooraf. Met my beplanning, besluit ek wat die hoof-hindernis gaan wees wat die tweetjies moet oorkom om op die einde gelukkig in mekaar se arms te val. Daardie konflik/hindernisse moet natuurlik by die karakters se persoonlikhede, geskiedenis, omstandighede, werk, ens. inpas – anders maak dit nie sin nie en is dit moeilik om te motiveer.

  3. Alicia Rasley sê die skrywer moet aan die begin van elke toneel besluit presies watter konflik in daardie toneel die storie gaan voortdryf en dan die hele toneel rondom dit bou en nie rondom die gebeure nie. Dit werk nogal vir my.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s