Karakter en emosie

‘n Romanse of liefdesroman moet verkieslik karaktergedrewe en emosiegedrewe wees, eerder as gebeuregedrewe soos ‘n spanningsroman. M.a.w. elke aksie of reaksie van jou karakter moet spruit uit wie sy is en hoe sy voel op daardie oomblik, anders skep jy kartonkarakters wat jou lesers gou sal verveel.

Dis alklaar ‘n mondvol en die spasie hier is te min om werklik reg aan hierdie onderwerp te laat geskied, maar ek hoop om darem die beginnerskrywer te prikkel om meer hieroor te gaan nalees voordat sy haar eerste manuskrip blindelings aanpak. Loer gerus hier bo onder ‘Boeke oor skryf’ as jy nie enige naslaanwerke oor die onderwerp het nie. Feitlik elkeen van die boeke wat ons daar noem, het heelwat daaroor te sê.

Die skrywer moet doodseker maak dat sy haar karakters, hul emosies en hul leefwêreld verstaan voordat sy een enkele bladsy skryf. Die eerste stap vir die skrywer is dus navorsing. Dit is nodig dat daardie spesifieke karakter wat jy beplan in die konteks wat jy vir hom skep, inpas sodat jou storie geloofwaardig sal wees.

Ek vra dat skrywers hier moet vertel hoe hulle te werk gaan om hul karakters te beplan. Ons leer mos graag van mekaar!

Advertisements

8 comments on “Karakter en emosie

  1. My karakters spruit normaalweg uit persone se karakters wat ek al in die lewe self ontmoet het. Ek moet hulle in my gedagtes kan hoor praat en sien optree. Dit is egter nie altyd moontlik nie, veral as jy nie met baie verskillende soorte mense te doen kry nie. Dan is navorsing soos Madelie dit gestel het uiters belangrik.
    Dit is ook vir my belangrik dat jy nie twee karakters in jou verhaal het wat dieselfde optredes en manier van praat het nie. Dit moet afwissel anders word die leser ook verveeld.

    • Ek is glad nie ‘n ervare skrywer soos julle klompie nie, maar het ‘n passie vir skryf en het net nog nie van my voltooide manuskripte hersien om in te stuur nie a) omdat ek eenvoudig net nie altyd tyd het nie b) omdat ek baie reis met my werk en c) omdat ek eenvoudig te lui is en nou verskonings uit dink! Maar, Madelie, ek hoop nie jy gee om as ek ‘comment’ nie. Die eerste ding dink ek vir ‘n begin skrywer soos ekke is om Kate Walker se 12 Point guide to Writing Romance in jou Amazon verkoopsmandjie te gly (dis ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.) Sy is een van M&B se gewigtigste skrywers en het reeds iets soos 84 miljoen boeke wêreldwyd verkoop. Die boek konsentreer alleenlik op reeks boeke (soos Romanza) en is ‘n juweel vir ‘n begin skrywer wat in die mark in wil breek.

  2. Ek trek onder elke karakter se naam drie kolomme vir psigies, fisies en sosiale eienskappe. Dan beskryf ek ook die agtergrond waarin hulle opgegroei het, want dit bepaal grootliks mens se lewensuitkyk, jou ambisies, die manier waarop jy praat. Taalgebruik is ‘n baie belangrike aanduiding van opvoeding. Ek poog altyd om my karakters te laat ontwikkel in die verhaal.

  3. Ek stem saam, Madelie, mens moet beslis jou karakters baie goed ken. Dis miskien waarom mens soms sukkel om aan die gang te kom – jy ken nie die karakters goed genoeg nie. Ek het dit so pas weer uitgevind en moes dit toe regstel deur ‘n paar dae net aan die karakters te werk. Maar, ek dink tog daar is ‘n groot verskil tussen ‘n romanse en ‘n liefdesroman. ‘n Romanse is geheel en al emosie gedrewe – en dit moet ook wees. Dit is wat ek soek as ek ‘n romanse optel ( en dis dikwels!). ‘n Liefdeverhaal het meer te doen met die werklikheid waarin die verliefdes of karakters hul dan nou bevind. Die benadering is dus anders. Ek het al self romanses geskryf en sal ook weer – dis g’n maklik nie. Ek haal my hoed af vir elke romanseskrywer wat die moed het om dit te skryf. Om daardie warm emosie dwarsdeur te handhaaf, is moeilik. Sterkte aan almal wat vanmore daarmee besig is!

  4. Lekker om jou hier raak te loop, Helene!
    Dankie dat jy ook weer die verskille tussen die genres aanraak. Ek wonder of jy die paar ouer posts oor die verskille raakgelees het? Indien nie, loer gerus daar in en laat ons hoor waar jy saamstem of dalk verskil. Jou insette as ervare skrywer is baie werd, veral ook vir die voornemende skrywers wat hier lees. En ons gereelde klompie kan natuurlik steeds leer by jou.

  5. Ek beplan ook my karaters voor die tyd. Ek trek wel nie kolomme soos Annetjie nie (ek werk in sirkels!), maar elke karakter word ten volle ontwikkel voor ek my eerste woord skryf. Vir my is dit van uiterste belang om te weet hoe elke karakter in enige situasie gaan reageer en ook hoekom. Ek probeer ook om my karakters baie verskillend te hou. Daar is niks so ‘grys’ soos ‘n boek met karakters wat almal presies dieselfde dink, redeneer, dieselfde vrese en passies het, en ook presies dieselfde taalgebruik het nie. Ons praat mos nie almal dieselfde nie.
    ‘n Boek lees lekker vir my wanneer elke karakter sy/haar unieke kleur, geur en giere het. Aangesien ons boeke so emosioneel gedrewe is, is hierdie vir my woes belangrik, veral om die spanningslyn ook styf te hou.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s