Hoe skryf mens?

Dis ‘n vraag wat mense dikwels vra. Ons het net hierdie week weer die vraag gekry:

“Hoe gaan mens te werk wanneer mens n boek wil skryf? Ek weet daar is sekere reëls wat toegepas moet word, en kan glad nie dink dat dit maklik kan wees nie.”

Dis ook nie ‘n vraag wat ‘n vinnige, maklike antwoord het nie. Alicia Rasley, iemand wat haar lewe daaraan wy om mense te leer skryf, stel dit so:

“Novelists make miracles. There’s a reason we speak of writing a book as giving birth: we are creating something out of nothing, and we have to turn ourselves inside out to do it.”

En ja, daar is ‘reëls’. Lees gerus maar die verskille tussen die romanse en die liefdesroman wat vir ons so goed uiteengesit is in ‘n paar vorige artikels. Dit is maar twee van die meer as 100 genres en subgenres wat bestaan.

Die kort antwoord is dus:  Jy moet besluit wat jy wil skryf, uitvind wat die vereistes is wat uitgewers stel vir daardie genre, soveel as moontlik voorbeelde van daardie genre lees en dan eenvoudig die bul by die horings pak en begin!!

Beginners kan gerus die wenke wat ons hier op regs onder ‘Blogroll’ geplaas het, lees. Dit behoort jou ‘n baie goeie idee te gee van waar om te begin.

Maak gerus ook tyd en lees die ouer bydraes onder ‘Argiewe’, daar is raad van onskatbare waarde!

LEKKER SKRYF!

Advertisements

6 comments on “Hoe skryf mens?

  1. Hi Madelie,

    Ek dreig al lank om ‘n Romanza te skryf en het uiteindelik die taak aangepak. En nadat ek bietjie op jou blog rondgespeel het, het ek gedink jou ‘dagboek van ‘n romanzaskrywer’ is so oulik. Ek besluit toe dit sal nogal pret wees om ‘n tipe van dagboek te hou op ‘n blog van my ervaring van ‘n Romanza skryf. Ek sal nogal jou en Marile se opinies waardeer as jy kom inloer op my splinternuwe blog om te kyk of ek op die regte pad is! dorisblogspot.wordpress.com. Kom kuier vir my!

  2. Doris, ek het gaan loer en jy is beslis op die regte pad. Ek kan sien jy is ‘n romanseleser en dat jy die regte aanvoeling het daarvoor. Hou net aan. Gaan loer gerus op Lapa se webwerf http://www.lapa.co.za by ‘Manuskripvoorlegging’ dan sal jy sien wat hulle vereistes vir ‘n Romanza is. Moenie ‘n klomp werk doen, uitvind jy doen iets verkeerd en dan moet jy dalk onnodig oorskryf nie.

    Besoek gerus ook ons lesersblog by http://www.romanzalesers.wordpress.com en lees meer oor wat ons by Romanza aanvang. Ons hoor graag daar van ons lesers.

    Marile het die dagboek geskryf. Volg gerus haar raad. Sy is ‘n ervare skrywer wat weet waarvan sy praat.

    Lekker skryf!

    • Dankie, Madelie. Ek het al gaan loer by lapa en ek hou maar moedig aan. Niks om te verloor deur te probeer nie, reg? En dis lekker om so tussen deur te gesels op ‘n blog van die ervaring terwyl jy skryf. Ek stem saam, Marile weet beslis waarvan sy praat en het my al ‘n paar keer gehelp. Sy het so rukkie terug vir my ook Chanette Paul se Manuskripfabriek ge-epos wat ek nogal baie baat by gevind het. En jy’s reg, ek het al HOPE boeke gelees, Romanzas en ‘n vrag ander. Dis mos maar al hoe ‘n mens ook leer as jy self die boeke lees.
      Groete

  3. Welkom, Doris! Ek is baie bly dat my dagboekskrywery vir jou van nut was. Baie sterkte met jou projek! Daar is min dinge so bevredigend soos om daardie eerste boekie in jou hande te hou …

    • Ek glo so, en is vasbeslote om deur te druk. Dit was een van my nuwejaarsvoornemens om die boek klaar te maak en in te stuur. Ek gee myself tot die einde April. Het gister klaar gemaak met Hooftuk 2 en Hoofstuk 3 begin, so ek vorder …

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s