Die liefde: Dis wetenskap én waansin (4)

LIEFDESKAART:

Die bekende seksuoloog, Prof Elna Mc Tosh onderskryf die sielkundige John Money se teorie soos in sy boek Lovemaps vervat, wat die term “liefdeskaart” op onbewuste vlak geskep het om ’n mens se bloudruk vir die volmaakte maat te beskryf.

Hierdie liefdeskaart is die gevolg van vroeë herinneringe en ervarings,  byna soos ’n eggo uit jou kinderjare. Die kaart gaan oor dit wat vir jou op sensuele vlak van belang is en baie daarvan is opgeneem nog voor jy jou verstand behoorlik gekry het – soos bv. ’n lekker geur, mooi haarkleur of uitbundige humorsin.

Begrip van jou liefdeskaart kan tot ’n beter verhouding lei en ás jy en jou maat dan soos twee stukkies van ’n legkaart volmaak inmekaar pas, is daar vele oorsake wat sowel goed as sleg is.

Die goeie deel is om daardie idilliese, sielsgeluksalige en euforiese gevoel te beleef wat die chemie tussen twee mense afvuur.  Maar die negatiewe kant  daarvan is dat ’n mens ook aangetrokke voel tot iemand wat konflik uit die kinderjare laat herleef.

Me Elmari Craig, ‘n verhoudingterapeut, seksuoloog en skrywer verduidelik: “Breinnavorsing het bewys dat as ons ‘n emosionele ervaring gehad het ,‘n gedeelte van die brein ‘n hormonale reaksie laat ontstaan. Wanneer hierdie ervaring in die brein gestoor word, word dit met beide hormone en emosies geassosieer en ’n bekende gevoel t.o.v. hiervan kan hierdie emosionele en hormonale reaksies weer geaktiveer.”

Grové meen elkeen se emosionele pyn vorm deel van sy eiesoortige liefdesresep.

“Dis onvermydelik dat die meeste mense se resep vir die liefde grotendeels met voorwaardelikheid en selfs verwerping verstrengel is,” sê sy.

Advertisements

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s