Die liefde: Dis wetenskap én waansin (3)

LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG EN SINTUIE:

Navorsers meen dat liefde met die eerste oogopslag beslis bestaan.

Dit help glo boonop as jy ‘n hoë voorkop, smal neus en vleklose gelaat het maar daar is ook liefde met die eerste smaak of reuk – soos die eerste soen.

Die testosteroon wat in ’n man se speeksel voorkom, hou glo verband met ’n seksopkikker vir die vrou en ’n soen sê Jeffrey Kluger, the wetenskapredakteur van Time tydskrif.

Grové sê sodra die eerste soen plaasvind, intensifiseer beide se sig, reuk en klank.  Jy hoor en voel asemhaling en allerlei opwekkende klanke en ervarings, en dit speel soos ’n rooskleurige bril in op die emosionele breinareas.

Sy verduidelik dat sintuie sedert die allervroegste tye ’n bepalende rol in die mens se liefdesgedrag vertolk.

Weens feronome, die chemikalieë wat die teenoorgestelde geslag trek, is dit belangrik dat jou maat lekker ruik. So word onaangename reuke met swakheid of verrotting verbind en het parfuum die probleem opgelos toe mense nog selde gebad het.

Nog ’n bewys van die belangrikheid van reuk is die feit dat bepaalde vroulike liggaamsreuke vrugbaarheid suggereer, byv. kaalbasdansers wat menstrueer kry minder fooitjies van mans as die diegene wat pas klaar gemenstrueer het en dus vrugbaar is. Die mans weet nie eens dat hulle reuksintuig hulle gedrag bepaal nie.

’n Diep selfversekerde stem is ook vir ’n vrou aantrekliker as ‘n hoër stem by mans omdat dit  die belofte van testosteroon inhou.

Wat sig betref is mans tradisioneel onbewustelik meer aangetrokke tot vroue met groot borste en breë heupe, omdat hulle waarskynlik makliker kinders sal baar en hulle beter sal kan soog – maar hierdie vereistes het darem in ons Westerse samelewing verander.

Vroue het  weer van die vroegste tye onbewustelik ‘n man met breë skouers en ‘n goed ontwikkelde bors  verkies, want hy is klaarblyklik sterk genoeg om ‘n dier dood te maak sodat die gesin kan eet.

Carla van der Spuy

Advertisements

One comment on “Die liefde: Dis wetenskap én waansin (3)

  1. Stem saam dat liefde met die eerste oopslag beslis kan plaasvind. Toe ek die eerste keer in my man se oë gekyk het, was ek totaal lam geskrik. Ek het aan’t bewe gegaan en kon nie ‘n woord uitkry nie en het natuurlik so gebloos dat een en almal in die kantoor kon sien iets is fout met my. Nadat die arme man geloop het, het ek vervaard na die kleedkamer gehol en myself in een van die hokkies toegesluit en my dood geskaam vir myself. Later, nadat ons ‘n paar maal uitgegaan het, het sy suster vir my vertel dat hy dieselfde emosies ondervind het. Ons is reeds 41 jaar getroud en steeds kry ek koue rillings as die man aan my raak! Elke keer wat ek ‘n boek lees waar die heldin of held met die eerste oogopslag verlief raak, ondervind ek weer daardie intense emosies wat ek 43 jaar gelede ervaar het!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s