Verskille tussen die romanse en LR: Karakterisering

Karakters word baie meer volledig getoon in die liefdesroman as in die romanse. Hulle word meer veelkantig en in diepte ontwikkel (ronde karakters). Die persoonlike ontwikkeling van veral die vroulike hoofkarakter is basies netso belangrik as die liefdesverhaal. Dit bring mee dat die ontwikkeling van die verhouding nie so stewig in die sentrum van die storie staan soos by die romanse nie. Die held is nie hier die een wat vir haar die oplossing bring en alles vir haar beter maak nie. Sy is self besig om deur haar probleme te werk, nuwe insigte te kry, ens. en deur die ontwikkeling van die liefde word sy hierin gehelp. Baie meer ruimte word dus aan die vroulike hoofkarakter (LW. sy is nie meer ‘n heldin nie) se ander verhoudings ook gegee en dit word baie meer in diepte ondersoek.

Die soeke en groei van die vroulike hoofkarakter is dus netso belangrik as die ontwikkeling van die liefdesverhouding. Hieruit volg (vir my) dat die manlike hoofkarakter eintlik ‘n effens kleiner rol speel as in die romanse, want hy is nie meer alleen verantwoordelik vir alles wat die heldin beleef nie. (Dit hang natuurlik af of die skrywer verkies om hom ook te laat fokaliseer.) Indien hy ook fokaliseer, moet dit met gereelde tussenposes gebeur, en nie net af en toe nie. Dit is dan ontsettend belangrik dat daar by hom ook ontwikkeling moet plaasvind, dat hy ook as mens moet groei en nie net in die sin dat hy verlief raak op die meisie nie.

Die staatmaker newekarakters van die romanse werk nie so goed in die LR nie. Die gewone (welbedeelde) feeks in die sexy (rooi) klere is nie meer noodwendig nodig nie. ‘n Groter en meer unieke verskeidenheid newekarakters is dus nodig en meer aandag word aan hulle eie binnewêreld en verhoudinge gegee. Newekarakters word vollediger geteken en het ‘n groter invloed veral op die lewe en persoonlike groei van die vroulike hoofkarakter.

Omdat daar meer ruimte is om die karakters beter te ontwikkel, speel hul beroepe ook gewoonlik ‘n groter rol as in die romanse. In die romanse dien die beroepe meestal as interessante agtergrond vir die liefdesverhaal, terwyl dit in die LR staan as integrale deel van die hoofkarakters se lewe en dus ook heeltemal realisties en in meer detail uitgebeeld word.

Advertisements

One comment on “Verskille tussen die romanse en LR: Karakterisering

  1. Ek dink mens kan die verskil tussen hoofkarakters in die romanse en die in die LR opsom deur te sê die romanse se held en heldin is soos ons baie graag sou wou gewees het en sou wou gehad het almal moet in ‘n idieële wêreld wees . Daarenteen is die LR hoofkarakters mense soos ons – mense wat probeer om ordentlik en volwaardig mens te wees, maar gebreke en tekortkominge het omdat ons in ‘n gebroke wêreld leef.
    In ander genres – soos onder meer literêre tekste – beeld die karakters weer die mens uit in sy wreedste vorm en binne die wreedste konteks.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s