Die skrywer as leser.

Ek het al só baie gehoor dat iemand sê: “Ai, ek wens ek kon soos so-en-so skryf.”

Ek persoonlik wens dat ek soos Nora Roberts kan skryf, daarom lees ek elke liewe boek van haar wat ek in die hande kan kry. Nie dat ek haar wil na-aap nie, maar om van haar te leer.

Dit maak my hartseer dat mense wat hulself skrywers noem, soms eintlik so min lees. As mens werklik passievol oor iets is, sal jy mos als wat jy moontlik kan leer daaroor probeer leer!! Daar is geen beter manier van leer skryf as LEES nie.

As jy romantiese fiksie wil skryf, moet jy hope daarvan lees. Ek kan gewoonlik na die eerste paar paragrawe agterkom of ‘n skrywer werklik ‘n leser is van die genre wat hy/sy skryf. Daar kort net daardie sekere bestanddeel wat die skryfsels laat werk of nie. Soveel te meer sal uitgewers en redakteurs dit optel.

Stel dus vir jouself ‘n uitdaging om ‘n sekere hoeveelheid boeke per maand te lees en nie net van een skrywer nie, maar verskeie. Lees ook ander genres. Ons wat so bevoorreg is om tweetalig te wees, se leesveld is net soveel wyer.

Ja, ons biblioteke is nie meer wat dit was nie, maar intussen het daar heelwat tweedehandse boekwinkels die lig gesien. Soek ‘n goeie een in jou omgewing en LEES, LEES, LEES!!!

Dan is daar nog die heerlike nuwigheid: e-boeke wat BAIE goedkoper is as regte boeke!!

Hoeveel en wat lees jy?

Advertisements

6 comments on “Die skrywer as leser.

  1. Op die stadium dink ek, lees ek meer as wat ek my hand aan die pen probeer waag. Maar dis baie waar wat jy hierbo sê – hoe gaan jy weet wat in genre aangaan, as jy nie lees wat gepubliseer word nie?

    Ek lees tans Karen Rose,Rick Riordan en Patricia Briggs se boeke. Dis onderskeidlik spanning en fantasie.

  2. Ek kan nie méér saamstem nie! Die jare wat ek vermors het deur nie te skryf nie, is nie heeltemal so vermors nie omdat ek die hele tyd gelees het. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar ek glo woorde raak onbewustelik deel van jou ganse menswees as jy jouself voortdurend daaraan blootstel.
    Ek lees enigiets waarop ek my hande kan lê, van die Landbouweekblad tot by André Brink en wat ookal tussenin kom. Op die oomblik is my klem weer sterk op Afrikaans, na daar ook ‘n tyd was toe ek ‘n bietjie afgedwaal het. Huidig lees ek in Engels hoofsaaklik boeke wat mense vir my aanbeveel.
    As jy op facebook is, kyk gerus na die groep Kom ons lees weer Afrikaans! Kyk ook by http://www.boekensie.wordpress.com vir lekker boekbesprekings.

  3. Ek pleit skuldig – ek lees nie meer so baie soos voordat ekself begin skryf het nie. Voor my eerste boek die lig gesien het, het ek elke ekstra tydjie wat tussen wat ookal kon inpas gelees en gelees. Daarna het ek weer elke liewe tydjie na werk en huiswerk ingepas om te skryf en te skryf. Dit was eers na my omtrent veertigste boek wat ek begin besef het, dat ek tog my lesery mis. Ek het weer by die klub aangesluit en begin lees – nie so baie soos voorheen nie, maar ten minste is lees weer vir my lekker en leer ek uit diegene se werk wat vir my mooi is dikwels iets nuuts wat ek op my eie werk kan toepas. So, ja, ek stem saam, om te lees kan net goed doen of jy nou self wil skryf of nie. Ek hou van die liefdesverhale, maar lees ook dikwels spanningsverhale. Ek het ‘n verskeidenheid skrywers en skryfsters wie se werke ek graag lees.

  4. Soos Marile lees ek alles waarop ek my hande kan lê, lig of swaar, letterkunde of Mills and Boons. En ek lees met my notaboekie byderhand vir daardie oulike uitdrukking of woord. Dikwels kry mens ‘n idee terwyl jy lees – dit word gou aangeteken. Selfs ‘n “swak” boek gee my dikwels idees, want ek dink hoe ek so ‘n tema anderste sou benader het.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s