Verskille tussen die romanse en die liefdesroman: Milieu

Ek het in ‘n verklarende woordeboek gaan kyk presies wat onder die term milieu verstaan word: Kring, omgewing, sfeer waarin iemand opgroei en tuis is. Ook: agtergrond, atmosfeer.

In prosa beskryf die term dus die hele konteks waarin die verhaal afspeel, die verbande waarbinne die karakters funksioneer. ‘n Liefdesroman en ‘n romanse kan in dieselfde omgewing afspeel, selfs die hoofkarakters kan dieselfde wees, maar dit sal verskillend uitgebeeld word in die twee genres.

In die liefdesroman word die omgewing absoluut realisties uitgebeeld en die harde werklikheid van die Suid-Afrikaanse (of ander) landskap word nie vermy soos dikwels in die romanse nie. Gewilde romanse-situasies soos die heldin wat alleen in ‘n afgesonderde huisie gaan bly, is dus nie altyd haalbaar nie. Die werklikheid van misdaad, armoede, ens. moet in die LR aangespreek word as dit relevant is vir die verhaal.

Die omgewing en natuur kan in die LR ‘n groter rol speel as in die romanse. In die werklikheid word mense se lewens tot ‘n groot mate bepaal deur die omgewing waarin hulle leef. Die LR bied dus meer moontlikhede om die natuur/agtergrond werklik deel van die storie te maak en nie net die doek waarop die gebeure afspeel nie.

Omdat die LR steeds romantiese fiksie is, sal daar egter altyd ‘n element van hoop wees om die realisme te temper, teenoor die letterkundige roman waar (myns insiens) met die werklikheid in al sy brute aakligheid omgegaan word.

Bogenoemde is my persoonlike gedagtes. Ek hoor graag van iemand wat verskil of saamstem!

Advertisements

2 comments on “Verskille tussen die romanse en die liefdesroman: Milieu

  1. Jy slaan die spyker op die kop, Marile en ek hou veral daarvan dat jy die onderskeid tref tussen die soort realiteit wat in die LR aangespreek (moet) word en die brutale realiteit wat literêre tekste onderlê. Dis natuurlik nie net literêre tekste wat met brutale werklikheid werk nie, dit ook die geval in sekere soorte spanningsverhale waarin grusaamheid die norm is.
    Die lekkerte van die LR is dat mens as leser veilig voel in die wete dat dinge wel op ‘n positiewe noot sal eindig, al is dit nie ‘n sprokieseinde nie en al kom die karakters te staan voor die ‘seedy side of life’

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s