Wat is oorspronklikheid nou eintlik?

Is dit ‘n buitengewone storielyn, besonderse karakters of ‘n spesiale skryfstyl? Blykbaar nie.

Mens hoor dikwels dat daar niks nuut onder die son is nie en dis so waar. Op hoeveel verskillende maniere kan mens nou eintlik verliefraak? Wat maak dan dat sekere skrywers se werk varser en oorspronkliker as die van ander voorkom?

‘n Leser soek ‘n belewenis wanneer hy/sy lees. Wanneer ‘n leser jou boek neersit, moet dit met ‘n gevoel van verryking wees. Die skrywer moet iets aan die lewe van die leser toevoeg. ‘n ‘Tall order’ nie waar nie?

Groot skryfguru, Donald Maass sê in sy boek ‘The fire in Fiction’: “Originality can come only from what you bring of yourself to your story. Originality is therefore a quality in you.”

Sjoe. Iets om oor na te dink, nè? Ons het onlangs gesels oor hoeveel mens van jouself in jou skryfwerk insit. Vir my lyk dit mos nou hoe meer jy van jouself insit, hoe beter sal jou werk wees.

Advertisements

6 comments on “Wat is oorspronklikheid nou eintlik?

  1. My geliefde Springsteen het onlangs die volgende oor sy skryfwerk gesê: “To make ‘Racing’ and those other big titles personal, I had to infuse the music with my own hopes and fears. If you don’t do that, you characters ring hollow, and you’re left with rhetoric, words without meaning.
    Most of my writing is emotionally autobiographical. You’ve got to pull op the things that mean something to you in order for them to mean anything to your audience. That’s how they know you’re not kidding.”
    Sela.

  2. Hi! Ek is beslis allesbehalwe ‘n skrywer in die ware sin van die woord – ek weet wragtig nie of ek in staat sal wees om ‘n hele storie (boek) te skryf nie (maar ek sal togbietjie hier rondloer… dalk byt die gogga tog?) Ek stem geheel en al saam met “hoe meer jy van jouself insit, hoe beter sal jou werk wees.” Ek het steeds altyd die gewaarwording (wel net met my liedjies, maar steeds) dat hoe meer hart (lees: van myself) ek daarin sit, hoe meer lees ander mense hulself ook daarin. Dis vir my nogal altyd baie weird… hoeveel mense kom en sê: as ek kon skryf het ek dit nétso gesê.
    Presies daardie selfde gevoel kry ek met ‘n boek soms – If I could write, I would’ve written it JUST like that.

    Beslis vir my ‘n lekkerte om hier te geland het…

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s