Dagboek van ‘n romanseskrywer (11)

Jou manuskrip is voltooi, hersien en weer hersien en weer hersien, aan ‘n eerste leser (of meer) voorgelê, wéér hersien – en eindelik weggestuur. En nou is jy in een van die heel moeilikste fases van skrywer-wees: Die wagtyd.
Ek is nie ‘n geduldige mens nie. Wag is oor die algemeen vir my een van die moeilike dinge in die lewe. En hierdie soort wag  is ‘n spesiale soort wag – nie onvergelykbaar met vroeër jare se pa’s se lang wag terwyl Vroutjie alleen die baba in die wêreld moet kry nie. Ek kan ongelukkig ook nie juis sê dit word makliker met ervaring nie.
Maar ek kan darem sê dit lyk of ‘n mens geleidelik gewoond kan raak daaraan. Dit word deel van die landskap van jou lewe; dit staan nie meer so hoog uit bo alles soos aan die begin nie.
Die beste raad wat ek kan gee, is om te probeer om nie so BEWUSTELIK te wag nie. Hoe meer ‘n mens daarop konsentreer, hoe stadiger gaan die tyd mos in elk geval verby. Laat die dae maar hul loop neem, vul jou lewe met ander dinge (verkieslik ‘n splinternuwe storie!) en jy sal sien, soms vergeet ‘n mens selfs vir ‘n rukkie dat jy eintlik aan die wag is …
Een klein dingetjie: Dit werk vir my om elke keer spesifiek te vra dat die uitgewer ontvangs moet erken van die manuskrip. Dan is ek seker hy is waar hy moet wees (een keer in ‘n skrikkeljaar loop dinge mos maar skeef met e-posse). Maar dis ook ‘n sielkundige ding, dink ek. Iets te doen met ‘n gevoel van afsluiting (closure) – die baba is nou uit my hande, ek kan heeltemal niks meer aan hom doen nie.
Die harde werklikheid is dat ‘n wagtyd van vyf of ses maande nie ongewoon is nie. Die goeie nuus is dat die tyd wél verbygaan, al is dit teen ‘n slakkepas!

Advertisements

4 comments on “Dagboek van ‘n romanseskrywer (11)

  1. Ek het verlede jaar op 23 November my eerste manuskrip ingestuur vir beoordeling en het gelukkig ontvangserkenning gekry. Ek weet dat die wagperiode tot ses maande kan duur, maar nou begin my hart al vinniger klop van vrees dat my manuskrip afgekeer gaan word. Die drie persone aan wie ek dit voorgele het voordat ek dit ingestuur het, verseker my oor en oor dat ek nie so kleingelowig moet wees nie. Ek wil net weet of dit normaal is om so ‘n bietjie twyfel en bangheid te ondervind? Ek het weer begin skryf en die eerste twee hoofstukke van twee afsonderlike manuskripte voltooi. Die woordtelling vir albei wissel tussen 2300 en 2600. Ek skryf reeds van skooldae af maar het nog nooit iets gepubliseer nie. In 2007 het ons verhuis en ek het al die manuskripte opgeskeur tot groot ontsteltenis van my man en my kinders. Intussen het ek afgetree en maar met die begeerte om weer te skryf en met baie stories in my kop rondgeloop tot in Oktober en nadat ek weer ‘n slapelose nag deurgebring het en uit radeloosheid voor my rekenaar gaan sit en net begin tik. Die manuskrip was binne ‘n maand voltooi en ek het dit onder dwang van my man en kinders ingestuur vir evaluering. Nou sit ek in angs en bewing en wag terwyl my afpersers al vergeet het daarvan!

    • Miemie, jy’s op die wenpad! Wees verseker selfs ervare skrywers ervaar met elk ms maar weer daardie vrees en onsekerheid. Dis doodnormaal, maar die kuns is om ‘n mens nie te laat lam lê daardeur nie. Maar jy het alreeds die heel beste teenmiddel ontdek – begin eenvoudig met ‘n volgende storie!
      Net een vragie: Het jy vooraf vasgestel wat die spesifieke uitgewer soek? Want dit kan ‘n mens nogal baie kopseer (en tyd) spaar.
      Sterkte – en moenie ophou nie!

  2. Baie dankie vir die vinnige antwoord. Toe ek ongeveer 54000 woorde getik het en my vriendin die manuskrip gelees het en my aangemoedig het om dit voor te le het ek by LAPA die voorskrifte vir die indiening van manuskripte by die ROMANZA-klub opgespoor. Ek het die woordtelling drasties gesny na 44000 woorde (harde werk!) sonder om aan die storielyn te verander. Ek het die manuskrip na LAPA (vir aandag Charlene) gestuur. Ek het nie regtig geweet by watter een van die kategoriee die verhaal heeltemal in pas nie, maar ek het gedink ek vat maar ‘n kans vir kategorie vier. So ek hou maar duim vas en hoop en bid dat die ms aanvaar word, al moet ek veranderinge daaraan doen. Baie dankie vir jou vriendelike respons. Groete

    • Dit klink vir my of jy op ‘n wenpad is, Miemie. Om drasties (of enigsins) te sny sonder om jou storie te verongeluk, is een van die heel moeilikste dinge om te doen.
      Laat weet gerus wanneer jy van hulle hoor!

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s