Hoe weet jy of jou eerste poging goed genoeg is om in te stuur na ‘n uitgewer?

Jy het die passie om te skryf en jy het die deursettingsvermoeë gehad om jou eerste manuskrip te voltooi, maar jy weet nie of dit die paal gaan haal wanneer ‘n redakteur sy skerp potlood uithaal om dit te redigeer nie.

Hoe kan jy weet?? Ons vra die ervare skrywers om hier bietjie raad te gee.

Advertisements

4 comments on “Hoe weet jy of jou eerste poging goed genoeg is om in te stuur na ‘n uitgewer?

  1. As jy vooraf met ‘n uitgewer kontak maak en ‘n bietjie hoor waarna hulle op soek is, is jou kans beter. Om lukraak agter jou eie neus aan te skryf en jou poging na die eerste die beste uitgewer te stuur, werk vir baie min aspirant-skrywers (daar is natuurlik uitsonderings). Maar ‘n waarborg is daar nie – dit is maar ‘n angswekkende sprong wat ‘n mens in die geloof moet doen. Die hoop beskaam mos nooit!

  2. Mens weet nooit of dit goed genoeg is voordat jy probeer het nie. Alta is reg, jy moet vooraf uitvind wat die uitgewers soek, anders mors jy jou eie, sowel as hulle tyd.

    Dis ook ‘n goeie idee om jou boek vir iemand wat ‘n gereëlde leser van die spesifieke genre is, te gee om te lees en daardie persoon se opinie as leser te hoor.Onthou net altyd een persoon se opinie is slegs dit: EEN mens se opinie. Iemand anders mag anders dink.

    Die fout wat baie beginnerskrywers maak, is om moed op te gee as die eerste terugvoer wat jy kry, nie goed is nie. Onthou, jou eerste kritiek is slegs die beginpunt van ‘n leerkurwe. Gebruik daardie kritiek as instrument om jou werk te verbeter en stuur dit weer in.

  3. Vir my om n uitgewer te vra wat soek hulle sal nie werk nie. Ek skryf stories vir jong mense en kinders. Het reeds 34 stories geskryf van tussen 2 – 6 getikte baldsye lank. Soek na n uitgewer wat sal belangstel. Kan enigiemand dalk help?

  4. Hoe bedoel jy, dit sal nie werk nie, Adré? Ek is bevrees dis al wat werk. Dit help nie om heen te gaan en ‘n klomp goed te skryf en dit voldoen dalk gladnie aan enige uitgewer se vereistes nie. Jy stel jouself net onnodig bloot aan verwerping of kritiek as jy blindelings goed instuur vir uitgewers.

    Lapa gee boeke uit vir kinders en jongmense en hulle het baie definitiewe vereistes daarvoor. Gaan kyk ‘n bietjie op hulle webwerf: http://www.lapa.co.za Hulle vereistes vir kinder-en jeugboeke verskyn nie daar onder ‘manuskripvoorlegging’ nie, maar jy kan hulle van daar af kontak. Hulle is baie gaaf en sal jou vir seker help.

    André, gaan loer op Jaco Jacobs se skryfblog. Hy is ‘n baie ervare kinder-en jeugboekskrywer en sal jou met graagte help: http://jacojacobs.blogspot.com/

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s