Skryf is herskryf

Ek het onlangs weer op die harde manier uitgevind presies hoe waar bogenoemde stelling is.

Die uitgewers, veral van romanses, het ‘n spesifieke idee van wat hulle wil hê en dit staan soos ‘n paal bo water. As jy jou werk uitgegee wil hê, moet jy die veranderinge maak wat hulle vra.

Nou wonder ek, is die produk wat uiteindelik jou naam dra dan nog jóú  storie?

Ek glo dis ‘n vraag waarmee elke skrywer die een of ander tyd worstel. Hoe hanteer julle ervare skrywers dit?

Advertisements

4 comments on “Skryf is herskryf

  1. Ek doen gewoonlik die veranderinge wat van my verwag word. Ek wil die boek publiseer, want ek het baie tyd en moeite ingesit. Dit help nie ek sit met my ‘perfekte’ manuskrip in my laai nie, omdat ek nie wil voldoen aan die uitgewer se vereistes nie. Dis dalk maklik vir my om te praat omdat daar nog nooit van my verwag is om groot veranderinge aan te bring nie. Dit wat ek moes doen, het gelei tot ‘n beter produk.

  2. Ek weet nie regtig hoe ‘n mens dit kan bepaal nie, behalwe deur blote aanvoeling. En wanneer jy nie meer voel dis jou storie nie, kan jy baie moeilik nog regtig aan hom verbeter. Veral met romanses, waar dit so baie oor emosie gaan. Ek dink dus ‘n mens moet jou maar laat lei deur jou intuïsie.

  3. Intuïsiïe sê dit so reg, maar ek moet sê die veranderings wat ek al moes maak was dikwels aan dele wat my met die herlees gehinder het – as ek genoeg afstand kon kry. Dikwels is dit net daardie paar weke tussen wegstuur-na-uitgewer en terugkom-van-verslag wat met die perspektief gee om te sien die veranderings maak waarskynlik uit ‘n objektiewe leser se oogpunt beter sin.

  4. Ek glo nie daar is ‘n skrywer wat nog nie gevra was om iets in hul ms te verander nie. Jy is net baie gelukkig die kere wat jy nie gevra is nie. As jou uitgewers reken die storie is goed genoeg indien jy bereid is om die veranderings doen, dan het jou storie meriete. Wanneer die veranderings nie te groot en te veel is nie, voel ek dis nog my storie.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s