Navorsing vir skryfwerk

Ek dink persoonlike ervaring bly die beste navorsing vir skryf. Ek het die afgelope tyd ‘n ervaring gehad wat ek beslis eendag in ‘n boek kan gebruik. My man was siek en die ure wat ek in hospitaalgange deurgebring het, die gesprekke met personeel, die twee jaagtogte toe ons in nood was – dit alles kan ek in die toekoms gebruik wanneer ek skryf. Geen tyd wat jy iewers deurbring of enige lewenservaring is vir ‘n skrywer ‘n vermorsing nie.

Ai, ons het lekker werk! Vertel bietjie van besondere ervaringe wat jy al in jou stories gebruik het.

Advertisements

7 comments on “Navorsing vir skryfwerk

  1. Ek dink nie ek het al ‘n enkele storie geskryf waarin daar niks van my eie ondervinding was nie. Maar dis nie ‘n geval dat ek noodwendig besluit ek gaan nou dit of dat vir hierdie of daardie storie gebruik nie. Soms wel, maar meestal sypel brokkies en stukkies van verskillende ervarings asof vanself in die stories in. Vir my is dit gewoonlik die beginpunt, maar verder kan ek dan lekker bylieg (dis mos maar eintlik wat ‘n skrywer doen – suig dinge uit haar duim!).
    Waar ervaring vir my ook baie belangrik is, is by die plek waar die storie afspeel. Ek sê glad nie dis onmoontlik om ‘n goeie storie te skryf op grond van navorsing oor ‘n sekere plek nie, maar vir my persoonlik werk dit om te skryf oor plekke waar ek alreeds was.

  2. Jy is reg, Madelie, want ek dink bv. aan die Bolandse aardbewing wat Tulbagh, Wolsely en Ceres toentertyd getref het. Ek het daar gewoon en elke dag vanaf die aardbewing tot en met die restourasie van die geboue beleef. Ek het reeds in twee van my romans die aardbewing as agtergrond gebruik, alhoewel dit twee baie uiteenlopende stories is. Eie ervaring, beslis die beste.

  3. “‘n Nuwe bruidegom” speel in Kenia af waar ons ‘n paar jaar gebly het en ons het baie in die land rondgetoer. Die heldin gaan na baie plekke toe waar ons was en in Lamu, ‘n eiland net onder die horing van Afrika, is donkies die enigste vervoermiddel. Die straatjies is baie nou en alles word met donkies vervoer. Marise (die heldin) word in een toneel deur ‘n donkie teen die muur vasgedruk en die dier weier om verder te beweeg totdat die eienaar hom teen sy agterstewe wegstoot. Dit het presies net so met my ook gebeur. Ek het benoud daar teen die muur gestaan met die donkie wat my al hoe stywer vasdruk en weier om verder te loop tot mense dit moes wegstoot. Ek moes net eenvoudig daai stukkie in die boek insit, want ek het my agterna (van verligting) byna simpel gelag daaroor!

  4. ek skryf mos nou nie stories nie, net sommer stukkies op my blog. maar ek kan net skryf oor goed wat ek al ervaar het, of wat ek al in my lewe geleer het. ek bewonder julle skrywers, ware skrywers, wat julle verbeelding so fantasties kan gebruik.

  5. My eie dogter van 20 jaar oud, is vier dae na ‘n motorongeluk breindood verklaar en ons moes die groot besluit neem om die masjiene, wat op daardie stadium nog vir haar asemgehaal het, af te skakel en om haar organe te skenk.
    Ek het dit nog nooit in ‘n boek gebruik nie – het nie die moed nie – maar ek ken daardie pyn, en hartseer en die vrees dat ek haar gaan vergeet.
    Sulke ervarings stel mens in staat om gevoelens te beskryf wat uit die diepte van jou wese kom.

Wat dink jy??

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s